Johnny van Future Radio is hierdie week se #HOOF-Fokus op #ALT-Fokus met Venita. Hy verduidelik die rede agter sy nuutste enkelsnit, "Creep" en hoekom hy besluit het om 'n nuwe baadjie vir 'n Radiohead 'classic' aan te trek.
Lucian gesels met Venita om meer te vertel van sy nuuste enkelsnit "Ek kies om te glo". Hierdie 15-jarige het klaar sy droom en passie gevind, en nou kry hy die kans om dit te begin uit lewe.
Die manne van Soulston Drive, Rhyno, Jaco en Stefan, het 'n draai kom maak by Venita om te gesels oor hulle debuut-enkelsnit, "Real". Dad Jokes en goeie musiek is beslis die “blueprint” van hierdie manne!
Hulle is geen vreemdeling by #ALT-Fokus nie! Die manne van Nikotien kom kuier weer vir Venita om meer te vertel van hulle nuuste enkelsnit met dieselfde naam - Nikotien
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.