GROOTfm 90.5 Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae Vibes met Venita Engelbrecht

Weeksdae “Vibes” is die ideale program vir ‘n bietjie lag en lekker geselskap na ‘n lang dag van werk, swot of sommer net lê en niks doen nie. Venita bring jou week se “vibe” en hou jou op hoogte van nuwe musiekvrystellings en gesels met dié opkomende kunstenaars. Daar word tong-in-die-kies verwys na allerdaagse lewenservarings wat partykeer net nie sin maak nie, en jy kry die kans om te ontspan, lekker te “chat” en na goeie musiek te luister. Die lewe is ’n gejaag, so kom ons vat dit rustig, tydens weeksdae “Vibes”!
Weekly English South Africa Music · Music Interviews
86 Episodes
1 – 20

#WeeksdaeVibesMetVenita – Teagan Migual | 26 Augustus

Centurion se nuutste opkomende ster Teagan Migual het 'n draai kom maak op #WeeksdaeVibesMetVenita! Wat 'n ongelooflike gesprek oor hoe mens die lig aand die einde van 'n baie donker tonnel vind met die regte mense aan jou sy om jou daardeur te lei.
26 Sep 19 min

#ALT-Fokus met Venita - Aya Nixon | 18 September

Aya Nixon is hierdie se HOOF-Fokus op #ALT-Fokus. Sy en Venita gesels oor alles van donker tye, lig aan die einde van die tonnel, haar EERSTE toer en hoe sy met haar musiek eksperimenteer om die "Aya-klanl" te ontdek! Haar nuutste enkelsnit "Alien In Die Karoo" is spesiaal vir almal…
18 Sep 35 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Triveno | 17 September

Niks is mooier as 'n kunstenaar wat die stories van sy hart met ons deel deur sy musiek nie! Triveno (of soos wat Venita hom gedoop het: "Die Kêrel van die Paarl") gesels oor hoe sy familie hom die HOOPstoot gegee het om sy nuutste enkelsnit "Ek Vir Jou" na…
17 Sep 13 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Zandri | 16 September

Zandri is terug by Venita om nuwe musiek te gesels! Haar nuutste enkelsnit 'Mielies' vra die belangrike vrae soos; voor wie sal jy 'n mielie eet? En wie maak jou op jou gemaklikste gedurende kwesbare tye?
16 Sep 14 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Melissa Jane | 9 September

Hierdie 23-jarige van Worcester bly dalk in 'n klein dorpie, MAAR haar passie vir musiek gaan haar nog die wêreld laat vol toer! Melissa Jane gesels met Venita oor hoe haar missie en visie is om mense te laat lag, goed voel en saam hulle liefde vir musiek kan deel…
10 Sep 14 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Ruderick Heuer | 3 September

Venita gesels met die talentvolle Ruderick Heuer oor sy splinternuwe enkelsnit, Skree Vir Altyd. Hulle delf ’n bietjie dieper in die storie agter die lied, die emosies wat dit geïnspireer het, en leer ook meer oor die mens agter die musiek.
10 Sep 19 min

#ALT-Fokus met Venita - Almero en Chris van Beljon | 4 September

Almero en Chris van Beljon vat ons na die Boesmanland en saam sit ons onder die Melkweg. Chris vertel hoe die liefde van sy lewe sy hart se stories wakker maak en hoe Almero dit reggekry het om sy hart deel te maak van die kuns agter dit alles! Boesmanland…
4 Sep 22 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Zonnebloem | 27 Augustus

Zonnebloem kuier by #WeeksdaeVibesMetVenita om te gesels oor haar debuut-enkelsnit “Weet weet jy”. Op 17-jarige ouderdom weet sy al klaar waarheen sy wil beweeg in haar loopbaan en die mense wie se harte sy wil aanraak met haar woorde
27 Aug 17 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Basson Laas | 20 Augustus

Basson Laas gee vir ons ’n hele klomp redes om te SMILE op #WeeksdaeVibesMetVenita met sy nuwe enkelsnit. Hy gesels met Venita oor waar hy sy woorde vind vir sy musiek en die storie wat hy daarmee wil vertel.
20 Aug 32 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Millennium | 20 Augustus

Die band Millennium kuier by #WeeksdaeVibesMetVenita om te gesels oor hulle nuwe enkelsnit “Rock & Roll My Kind”. Dis rou, dis eerlik, dis nostalgie met ’n skop – presies soos net Millennium dit kan doen. Venita hoor by die manne wat is die stories agter die musiek en waar kom…
20 Aug 26 min

#ALT-Fokus – Robbie Wessels | 7 Augustus

Daar is geen ander kunstenaar wat meer gepas is om #ALT-Fokus se ALT-gustus af te skop as Robbie Wessels nie. Venita plaas die #HOOF-Fokus op die 20-jaar-herdenking van sy album My vissermanvriend se pa en bou op na die 20-jaar viering van sy 2006-album Halley se Komeet. Venita en Robbie…
7 Aug 47 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Lucia | 6 Augustus

Lucia kuier by Venita is die GROOT-ateljee om te gesels oor haar nuwe enkelsnit As jy val — ’n liedjie wat nie net gesing word nie, maar gebid word. Ná vyf maande van stilte, introspeksie en genesing, bring Lucia ’n kragtige getuienis van geloof, verlies en tweede kanse.
6 Aug 19 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – ABFAB | 5 Augustus

Lisa MYNX en Sean Styx van ABFAB gesels met Venita oor hul enkelsnit “Wake Up!”. Hullw praat oor hul ongelooflike live-shows, hoe hulle as duo mekaar oor die jare leer ken het, en wat gebeur as jy jou lewe probeer vasvang in woorde.
5 Aug 15 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – David Derman | 4 Augustus

David Derman gesels met Venita oor sy nuwe enkelsnit “Morning Light” — musiek geïnspireer deur die moontlikheid van ouerskap en die liefde vir ’n kind wat nog nie bestaan nie. Hy deel hoe dit voel om ’n oom te word, hoe daardie ervaring sy perspektief op liefde verander het, en…
4 Aug 19 min

#ALT-Fokus met Venita – Just Mia | 31 Julie

Just Mia is Venita se uitkyk kunstenaar vir hierdie week se #ALT-Fokus!! Sy gesels oor haar reis met musiek en hoe haar 3de plek by die Taalgenoot Ruk en Rym musiekkompetisie haar nuutste enkelsnit 'Somer' moontlik gemaak het.
31 Jul 34 min
1 – 20