Nipam organiseer seminaar oor KI vir staatsamptenare

Loading player...
Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur is tans besig om 'n kunsmatige intelligensie seminaar te finaliseer. Dit sal die regering in staat stel om kunsmatige intelligensie stelselmatig te implementeer in die openbare sektor. Tydens 'n regeringsinligtingsessie het Sankwasa Mubita, Nipam se direkteur van strategie en korporatiewe diens, meer inligting gegee oor die geleentheid wat môre begin.
11 May 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sokker: Sundowns gereed vir Al Ahli-uitdaging

Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, sê Al Ahli se sterbelaaide span skrik nie sy span af nie. Sundowns pak die Saoedi-Arabiese klub vanmiddag op Loftus Versfeld in die eerste ronde van die FIFA Afrika-Asië-Stille Oseaan-beker. Cardoso sê die uitslag sal afhang van die span se vertoning, moeite en…
19 Sep 4AM 1 min

Boere, tref voorsorg vir moontlike El Niño-droogte

Namibiese boere word aangemoedig om vroegtydig voorsorg te tref vir die moontlike impak van wydverspreide droogte, met die verwagte El Niño wat ondernormale reënval vir die 2026/27-reënseisoen kan bring. Plaaslike owerhede, insluitend die Rehoboth-dorpsraad, neem reeds stappe om veegetalle te beperk om weiding en waterbronne te beskerm. Leigh-Ann Nehoya, 'n…
19 Sep 3AM 1 min

Kantema sê beskerming van kinders almal se verantwoordelikheid

Die minister van Geslagsgelykheid, Emma Kantema, sê die beskerming van kinders se welstand is 'n verantwoordelikheid wat deur almal ernstig opgeneem moet word. In 'n toespraak by die SOS Kinderdorp in Windhoek het Kantema Namibië se verbintenis tot internasionale en kontinentale raamwerke, insluitend die VN-konvensie oor die Regte van die…
19 Sep 1AM 1 min

Copps 94.1: 2026 Operation Basadi loods in hoofstad

Met "Operation BASADI" wat die week landwyd geloods is, het die Namibiese polisie hul patrollies hier in die hoofstad van stapel gestuur om veral die geveg van geweld teen vroue en kinders te verskerp. Die Copps 94.1 span het saam met die polisie patrollie gedoen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering…
19 Sep 1AM 1 min