Nsfaf-goedkeurings in spervuur, met aansoeke wat skerp styg

Loading player...
Klagtes stroom in oor Nsfaf-aansoeke wat sonder verduideliking afgekeur word, terwyl die spertyd vir registrasie by hoër onderwys-instellings besig is om te verstryk. Sommige studente is in koshuise en sê sonder die hulpfondse kan hulle nie betaal nie, wat hulle sal dwing om uit te trek, terwyl daar in die stad nie genoeg akkommodasie is nie. Volgens die fonds is die evalueringsproses steeds aan die gang, maar kon nie syfers verskaf oor hoeveel studente se aansoeke onsuksesvol was nie. Volgens Nsfaf is 50 069 aansoeke vir die 2026-akademiese jaar ontvang teenoor 41 322 aansoeke in 2025. Kosmos 94.1 Nuus het met Dorthea Nangolo, president van die Nasionale Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso gepraat.
20 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VERKEER: Staal op B1 pad tussen Whk en Rhb

Motoriste op die B1-pad tussen Windhoek en Rehoboth word gevra om stadig en versigtig te ry, na ‘n berig ontvang is dat daar ‘n vrag staal op die padoppervlakte in die Stable-view omgewing opgemerk is. Dis nog nie bekend of verkeersowerhede reeds na die toneel ontplooi is vir opruimingswerk nie…
20 Sep 1AM 1 min

Lesotho en Suid-Korea vier 60 jaar van diplomatieke betrekkinge

Lesotho en Suid-Korea het tydens 'n geleentheid in Maseru 60 jaar van diplomatieke betrekkinge herdenk. Lesotho se minister van Indiensneming en Arbeid, Ts'eliso Mokhosi, het die verhouding beskryf as een van wedersydse respek en samewerking. Hy het Suid-Korea se ondersteuning vir vaardigheidsontwikkeling deur die Koreaanse Internasionale Samewerkingsagentskap beklemtoon. Mokhosi sê…
19 Sep 6AM 1 min

Gendev Fishing Group-werknemers vra vir veranderinge

Meer as 600 werknemers van Gendev Fishing Group dring in 'n petisie aan op veranderinge in die maatskappy se leierskap en bestuur, en spreek kommer uit oor werksomstandighede en salarisbetalings. Hulle beweer dat die ooreenkoms vanaf Augustus in 'n basiese salaris van sowat 6 000 Namibiese dollar voorsien. Die petisie…
19 Sep 6AM 1 min

Cran bevestig kuber-aanval op Verdedigings-ministerie

Die Kommunikasie Reguleringsowerheid van Namibië sê dit werk met rolspelers om tegniese ondersteuning te bied na die kuberaanval op die ministerie van Verdediging. Cran sê ‘n Namibië Cyber Security Incident Response Team-analise het bevestig die internasionale RansomHouse-groep is vir die kuber-aanval verantwoordelik – dit het reeds verlede Saterdag plaasgevind. Vroeër…
19 Sep 5AM 1 min

Sokker: Sundowns gereed vir Al Ahli-uitdaging

Sokker: Mamelodi Sundowns se afrigter, Miguel Cardoso, sê Al Ahli se sterbelaaide span skrik nie sy span af nie. Sundowns pak die Saoedi-Arabiese klub vanmiddag op Loftus Versfeld in die eerste ronde van die FIFA Afrika-Asië-Stille Oseaan-beker. Cardoso sê die uitslag sal afhang van die span se vertoning, moeite en…
19 Sep 4AM 1 min