Soos deur ekonome voorspel, en met die Suid-Afrikaanse repokoers op 7 persent, het die sentrale bank se monetêre beleidskomitee die repokoers met 25 basispunte gelig na 6,75 persent. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by Kara van den Heever, ekonoom by Momentum, gekry.
Ten minste een Namibiese vragmotorbestuurder is onder vier verdagtes wat die polisie in Gauteng in Magaliesburg gearresteer nadat agt AK-47-gewere en sewe leë magasyne in ʼn wit sak ontdek is. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Sello, sê hulle was op die R24 op patrollie toe hulle ʼn Volvo-vragmotor met ʼn Namibiese registrasienommer…
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, het John Steenhuisen verwyder as minister van Landbou ná 'n hersiening van die party se span in die regering van nasionale eenheid. Steenhuisen neem oor as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging in die plek van Alexandra Abrahams. Die huidige minister van Bosbou, Visserye en die…
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, doen ʼn beroep op alle jongmense om te registreer en ʼn Suid-Afrika te bou wat vir almal werk. Hy het gister die party se Rock the Registration Jeugdag-saamtrek in Durban, KwaZulu-Natal, toegespreek. Die Verkiesingskommissie bied die naweek geleentheid om as kiesers te registreer as voorbereiding vir…
President Donald Trump van Amerika het Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, gekritiseer en sê hy moet “verantwoordeliker” optree in Libanon. Sowat 27 mense is die afgelope 24 uur in Israelse lugaanvalle in Libanon dood, wat die dodetal op 3 783 te staan bring. Amerika en Iran het ʼn ooreenkoms…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.