Bulle se wedstryd vanaand teen Dragons uiters belangrik

Loading player...
Die Bulle se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Dragons in Wallis vanaand is volgens die president van die Blou Bulle, Willem Strauss, uiters belangrik. Hy sê eksklusief aan Kosmos 94.1 Nuus dat die span nou in die besigheidsgedeelte van die kampioenskap is.

TERUG: Die Bulle is tans agtste op die punteleer.
17 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Israel 'sal soewereiniteit met alle mag beskerm'

Israeliese premier Benjamin Netanyahu en Amerikaanse president Donald Trump is in stryd oor die memorandum van verstandhouding tussen die VSA en Iran wat sonder Israel se betrokkenheid onderteken is. Terwyl Washington 'n einde aan alle Midde-Oosterse konflik wil hê, dring Israel daarop aan dat belangrike veiligheidskwessies in Libanon onopgelos bly…
17 Jun 8AM 1 min

Durban kry spesiale hof vir immigrasie, deportasie

Die Departement van Binnelandse Sake en dié van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ʼn Virtuele Prioriteitshof in Durban gevestig om immigrasie-sake en deportasie-bevele te hanteer. Die eerste operasies van hierdie virtuele platform fokus hoofsaaklik op die sake van meer as een-duisend Malawiese burgers by Sherwoodpark in Durban. Binnelandse Sake se…
17 Jun 6AM 1 min

Keir Starmer vol lof vir Andy Burnham

Sky News se politieke redakteur Beth Rigby het met Britse eerste minister Keir Starmer by die G7-beraad in Evian-les-Bains op die Frans-Switserse grens gesels oor spesifiek Andy Burnham wat tans poog om in ‘n tussenverkiesing te wen sodat hy terug kan kom in die parlement om teen Starmer as leier…
17 Jun 6AM 1 min

So ontwikkel die weerstelsel, swaar neerslae word verwag

Vreemde nat winterreën kom oor die volgende dae voor. Weerkenner George van der Merwe sê die oog van die bolugstelsel beweeg tans noordwaarts en sal dan verskuif na die binneland. Maar, dan draai die stelsel weer terug, eers suidwes en dan weer noord. Dit beteken daar sal twee reënsisteme voorkom…
17 Jun 6AM 1 min