Iran se hawens sal blokkeer wees so lank soos dit nodig is

Loading player...
Amerika se minister van Verdediging, Pete Hegseth, sê hulle sal Iran se hawens blokkeer solank as wat nodig is. President Donald Trump het Maandag aangekondig dat die weermag Iran se hawens in die Straat van Hormuz en die Golf sal blokkeer nadat Amerika en Iran se samesprekings in Pakistan misluk het. Daar is tans ʼn skietstilstand tussen die twee lande, maar dit verstryk komende Woensdag. Hegseth het Iran se weermag gewaarsku:
17 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Padsterftes in Erongo styg 32% in eerste ses maande van 2026

Padsterftes in die Erongo-streek het met 32 persent toegeneem in die eerste ses maande van 2026, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is deur Erongo-goewerneur Nathalia |Goagoses tydens haar streeksrede aangekondig. |Goagoses sê dringende ingrypings en wetgewing teen onder andere roekelose bestuur is nodig om lewens te red.
17 Jun 10AM 1 min

Nee, jy mag níé meer as een eggenoot hê nie, hoor NV

Justisieminister Wise Immanuel sê daar is tans geen formele proses aan die gang om poligamie in Namibië te wettig nie. Dit kom nadat AR-parlementslid George Kambala die minister versoek het om die regering se standpunt oor die kwessie te verduidelik, en poligamie as 'n onderwerp van groeiende openbare belangstelling beskryf…
17 Jun 10AM 1 min

Skep gekoördineerde netwerke om veediefstal hok te slaan

Die voortdurende vlaag van veediefstal en veeslagtings het hernude oproepe vir 'n gekoördineerde reaksie van wetstoepassing, landbou-unies en private sekuriteitsnetwerke laat ontstaan. Dit kom na die plaaslike unies en NamPol vergader het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat wat sê beter toesigmaatreëls, soos in…
17 Jun 10AM 1 min

Hulpbronsektor dryf ekstraswaar-voertuigverkope

Namibië se hulpbronsektor vuur die vraag na swaarvoertuie aan, met ekstraswaar voertuigverkope wat 55 eenhede in Mei bereik het, heelwat hoër as die 39 eenhede wat 'n jaar gelede aangeteken is. Medium kommersiële voertuie het gematig tot 21 eenhede en swaar kommersiële voertuie tot 19 eenhede. Almandro Jansen, ekonoom by…
17 Jun 9AM 1 min

Rassie verduidelik sy Quan Horn-losskakelkeuse

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die bestuur van spelers was ʼn belangrik faktor in sy besluit om die Leeus se heelagter, Quan Horn, op losskakel te kies vir Saterdag se wedstryd teen die Barbarians in Gqeberha. Dis weens Manie Libbok se werkslading in Japan, Sacha Feinberg-Mngomezulu se besering en Handré…
17 Jun 9AM 1 min