Doeltreffendheid van 'Growth at Home' bevraagteken

Loading player...
Die regering se “Growth at Home”-beleid, wat reeds in 2015 ingestel is, beoog om waarde by landbouproduksie te voeg, veral vir veeboere. Die beleid word egter nou weer onder die loep geneem met die tweede beesuitvoere na Mauritius, terwyl daar vrae is oor die doeltreffendheid van die strategie in die praktyk. Landboukenner Wallie Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
17 Apr 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nee, jy mag níé meer as een eggenoot hê nie, hoor NV

Justisieminister Wise Immanuel sê daar is tans geen formele proses aan die gang om poligamie in Namibië te wettig nie. Dit kom nadat AR-parlementslid George Kambala die minister versoek het om die regering se standpunt oor die kwessie te verduidelik, en poligamie as 'n onderwerp van groeiende openbare belangstelling beskryf…
17 Jun 10AM 1 min

Skep gekoördineerde netwerke om veediefstal hok te slaan

Die voortdurende vlaag van veediefstal en veeslagtings het hernude oproepe vir 'n gekoördineerde reaksie van wetstoepassing, landbou-unies en private sekuriteitsnetwerke laat ontstaan. Dit kom na die plaaslike unies en NamPol vergader het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat wat sê beter toesigmaatreëls, soos in…
17 Jun 10AM 1 min

Hulpbronsektor dryf ekstraswaar-voertuigverkope

Namibië se hulpbronsektor vuur die vraag na swaarvoertuie aan, met ekstraswaar voertuigverkope wat 55 eenhede in Mei bereik het, heelwat hoër as die 39 eenhede wat 'n jaar gelede aangeteken is. Medium kommersiële voertuie het gematig tot 21 eenhede en swaar kommersiële voertuie tot 19 eenhede. Almandro Jansen, ekonoom by…
17 Jun 9AM 1 min

Rassie verduidelik sy Quan Horn-losskakelkeuse

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die bestuur van spelers was ʼn belangrik faktor in sy besluit om die Leeus se heelagter, Quan Horn, op losskakel te kies vir Saterdag se wedstryd teen die Barbarians in Gqeberha. Dis weens Manie Libbok se werkslading in Japan, Sacha Feinberg-Mngomezulu se besering en Handré…
17 Jun 9AM 1 min