Cran se Kuberveiligheidsvoorvalreaksiespan, NAM-CSIRT, waarsku oor 'n wêreldwye kuberveiligheidsvoorval bekend as FortiBleed. Dit is 'n beduidende internasionale kuberveiligheidsvoorval wat organisasies raak wat Fortinet-firwalls en VPN-infrastruktuur gebruik. NAM-CSIRT het 13 Namibiese organisasies geïdentifiseer wie se stelsels moontlik deur die blootstelling geraak is. Cran-woordvoerder Mufaro Nesongano.
Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê Suid-Afrika se Grondwet laat slegs die President toe om ministers in sy kabinet aan te stel. Ramaphosa het kommentaar gelewer nadat die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, aan hom geskryf en versoek het dat John Steenhuisen as minister van Landbou verwyder en deur Willem…
‘n Vreedsame betoging teen spoedhobbels wat op die B1 Westelike Verbypad om Windhoek aangebring is, het vanoggend plaasgevind. Dit volg ná aktivis Michael Amushelelo ‘n dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi gebring het om die hobbels te verwyder weens die reuse-verkeersknope wat dit veroorsaak. Regter Gabriel Komboni lewer op 30…
Israel sê Hisbolla se skendings van die skietstaking en voortgesette aanvalle vereis voortdurende operasies in Suid-Libanon. 'n Woordvoerder van die Israelse Weermag, Effie Defrin, sê hulle sal voortgaan om teen bedreigings op te tree, en doen wat nodig is om burgers te beskerm. Defrin sê vier Israelse soldate is dood…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.