Terugkerendes uit Rusland 'moet met polisie saamwerk'

Loading player...
Die voormalige ambassadeur Kingsley Makhubela sê vier Suid-Afrikaanse mans wat van Rusland teruggekeer het, moet hulle volle samewerking vir die polisie gee oor hul werwing en beweerde betrokkenheid by die konflik tussen Rusland en Oekraïne. Hulle het gister teruggekeer. Makhubela het aan SABC News gesê owerhede moet enige betalings opspoor wat gemaak is, aangesien geld 'n papierspoor laat. Hy waarsku dat buitelandse militêre opleiding ernstige nasionale veiligheidsgevare inhou:
19 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IPPR het kommer oor NNN wat tenderprosesse wil omseil

Voorkeurverkryging steek sy kop uit in die regering se verkrygingsproses. Volgens Frederico Links, mede-navorser by die Instituut van Openbarebeleidsnavorsing, is dit veral kommerwekkend met die president wat haar steun uitgespree het vir 'n behuisingsmodel vir laekoste behuising. Sy het gelas dat die inisiatief die gewone regeringstenderprosesse moet omseil om 'n…
12 Mar 6AM 1 min

Landbou bly die hoeksteen van SA-ekonomie

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die jongste ekonomiese syfers bewys weer eens Suid-Afrikaanse boere is 'n hoeksteen van die land se ekonomiese stabiliteit, voedselsekerheid en ontwikkeling. Volgens die jongste bruto plaaslike produkte syfers van Statistiek Suid-Afrika, het die landbou-, bosbou- en visvangsektore in 2025 met 17,4-persent gegroei in vergelyking met…
12 Mar 5AM 1 min

VN Veiligheidsraad aanvaar resolusie wat sê Iran moet Golf-aanvalle staak

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het eenparig ’n resolusie aanvaar om ’n einde te maak aan Iran se aanvalle op sy buurlande in die Golf. Dit veroordeel Iran se onlangse missiel- en hommeltuigaanvalle op Bahrein, Koeweit, Oman, Katar, Saoedi-Arabië, die Verenigde Arabiese Emirate en Jordanië. Bahrein se VN-ambassadeur, Jamal Alrowaiei,…
12 Mar 5AM 1 min

Waar's die plan met die Angolese kinders?

Nadat ten minste 379 buitelandse burgers Namibië vrywillig verlaat het onder die regering se immigrasie-amnestieprogram verlede maand, spreek die parlement kommer uit oor die hoë aantal Angolese kinders wat nog steeds in Windhoek se strate houtprodukte verkoop. Die IPC se skadu-binnelandse sake-minister, Vilho Ihemba, het tydens 'n NV-sitting gevra waarom…
12 Mar 4AM 1 min

Lamola sê Bozell is ingeroep

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bevestig dat die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, deur die departement ingeroep is om sy ondiplomatiese opmerkings te verduidelik. In 'n toespraak by 'n Biznews-konferensie het Bozell Amerika se frustrasie met Suid-Afrika uiteengesit omdat hulle nie gehoor gee…
12 Mar 4AM 1 min