De Beers-aandele: Dit handel oor strategie en 'n sê

Loading player...
Anglo American is in gevorderde gesprekke om sy 85 persent belang in De Beers te verkoop en Namibië, Angola en Botswana, almal diamantprodusente, stel belang. Maar daar is kommer. Die diamantmark is in ‘n afswaai en nou het die oud sentralebank-goewerneur van Botswana, Keith Jefferies, die Botswana regering teen die aankoop van aandele gewaarsku. Volgens hom het Botswana nie genoeg kapitaal nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Kennedy Hamutenya, voormalige Namdia baas gepraat. Hy het vroeër gesê dis ‘n gulde geleentheid en meen dit gaan oor baie meer as net die aandele self.
19 Feb 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KI veroorsaak gekeuetekort, en dis nuwe pandemie

'n Nuwe "pandemie" is aan die kom, of is klaar hier. En nee, dit is nie nog 'n Covid-variant nie, dis kunsmatige intelligensie. KI gebruik uiters hoë volumes geheue om te funksioneer wat beteken daar is minder oor vir besighede en verbruikers die wêreld vol. Kosmos 94.1 Nuus het met…
12 Mar 6AM 1 min

Februarie-inflasie op 2,4%, Khomas ervaar 3,5%

Volgens data van die Namibiese Statistieke-agentskap het die jaarlikse inflasie gedurende Februarie tot 2,4 persent verlangsaam, af van 3,6 persent 'n jaar gelede, en 2,9 persent in Januarie. Woordvoerder van die agentskap, Mirjam Shihepo het meer oor die sonale inflasie. Khomas het duurste betaal.
12 Mar 6AM 1 min

IPPR het kommer oor NNN wat tenderprosesse wil omseil

Voorkeurverkryging steek sy kop uit in die regering se verkrygingsproses. Volgens Frederico Links, mede-navorser by die Instituut van Openbarebeleidsnavorsing, is dit veral kommerwekkend met die president wat haar steun uitgespree het vir 'n behuisingsmodel vir laekoste behuising. Sy het gelas dat die inisiatief die gewone regeringstenderprosesse moet omseil om 'n…
12 Mar 6AM 1 min

Landbou bly die hoeksteen van SA-ekonomie

Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die jongste ekonomiese syfers bewys weer eens Suid-Afrikaanse boere is 'n hoeksteen van die land se ekonomiese stabiliteit, voedselsekerheid en ontwikkeling. Volgens die jongste bruto plaaslike produkte syfers van Statistiek Suid-Afrika, het die landbou-, bosbou- en visvangsektore in 2025 met 17,4-persent gegroei in vergelyking met…
12 Mar 5AM 1 min