Reform UK behaal beduidende oorwinning oor Arbeiders

Loading player...
Reform UK het 'n beduidende oorwinning teen die Arbeidersparty gehad. Die regering het laat in 2025 aangekondig dat 30 plaaslike owerheidsverkiesings uitgstel en Reform het toe ‘n hof-aansoek van stapel gestuur. Op 16 Februarie het die regering die planne amptelik geskrap. Hulle het bevestig dat alle verkiesings soos beplan op 7 Mei sou voortgaan. Reform se leier Nigel Farage.
17 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BKS lei na verbod op Botswana gesplete hoef-diere, produkte

Die veeartsenydepartement het ‘n verbod op die invoer van gesplete hoef-diere en hul produkte uit Botswana aangekondig, na bek-en-klouseer in die land bevestig is. Die produkte sluit in dié vir persoonlike of huishoudelike gebruik. Die verbod het onmiddellik in werking getree. Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, verduidelik.
12 Mar 11AM 1 min

Uitspraak voorbehou in AfriForum se matriekuitslag-saak

Die Hooggeregshof in Pretoria het uitspraak voorbehou oor die Inligtingsreguleerder se aansoek om verlof tot appèl teen die uitspraak wat toelaat dat matriekuitslae gepubliseer word. Die hof het voorheen bevind die gebruik van eksamennommers beskerm leerders se privaatheid en dien ook die openbare belang. Alana Bailey van AfriForum sê hulle…
12 Mar 11AM 1 min

Eerste millimeter-golflengte radioteleskoop in Afrika op pad na Namibië

Namibië sal Afrika se eerste millimeter-golflengte radioteleskoop huisves nadat 'n kontrak onderteken is om met die konstruksie van die Africa Millimeter Telescope te begin, wat deel sal vorm van die globale Event Horizon Telescope-netwerk. Die teleskoop sal naby die HESS-sterrewag by Gamsberg gebou word. Die ligging bied hoë hoogte, 'n…
12 Mar 10AM 1 min

Begroting moet meer aan landbou, ontwikkeling toewys: Venaani

Die parlement debatteer steeds die 2026/27-begroting en PDM-president McHenry Venaani het dit as herhalend en stagnant beskryf. Hy sê hoewel maatskaplike besteding belangrik is, moet die regering kyk na meer ontwikkelingsbesteding as dit werkloosheid wil aanspreek. Venaani sê die landbousektor speel 'n sentrale rol en moet meer aandag kry.
12 Mar 10AM 1 min

Vrystelling van minimloon-betaling skep gevaar, sê kenner

Arbeidsdeskundige Herbert Jauch waarsku teen sommige werkgewers se vrystelling van die minimumloon van 18 Namibiese dollar per uur wat deur die lynministerie voorgestel is. Dit kom na 'n verklaring deur die ministerie dat die wet werkgewers wat finansiële of operasionele probleme ondervind, toelaat om aansoek te doen vir toestemming om…
12 Mar 10AM 1 min