Deposantewaarborgskema jaar bateteiken van N$100m

Loading player...
Die Namibiese Deposantewaarborgskema (NDGA) het 'n teiken gestel om sy bates onder bestuur teen 2028 tot 100 miljoen Namibiese dollar te laat groei, met die doel om die veiligheidsnet vir bankdeposante te versterk. Die skema, wat gestig is in die nasleep van die 2018 KMO-bankskandaal – wat duisende Namibiërs nie toegang tot hul spaargeld gelaat het nie – is ontwerp om deposante te vergoed in die onwaarskynlike geval van 'n kommersiële bankmislukking. Rakotoka Zaire die senior finansiële ontleder by die Sentrale Bank van Namibië verduidelik meer oor die strategie van die NDGA.
15 Feb 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN beveel Bryan Eiseb aan as nuwe ACC-hoof

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Bryan Eiseb, die direkteur van die Finansiële Intelligensiesentrum, aanbeveel vir die pos van direkteur-generaal van die Teenkorrupsiekommissie. Eiseb sal die leisels oorneem by Paulus Noa, wat die pos sedert die ontstaan van die kommissie in 2006 gelei het. Noa se termyn verstryk op 30 Junie. Eerste…
23 Jun 11AM 1 min

SA vakbond het vrae oor miljarde in verlore beleggings

Die Vereniging van Staatsamptenare vra ʼn dringende en onafhanklike forensiese ondersoek na verlore beleggings deur die Openbare Beleggingskorporasie. Die vakbond se Isibaya-fonds het meer as 18,2-miljard Suid-Afrikaanse rand in 23 maatskappye belê wat uiteindelik ʼn interne inkomstekoers van minus 100-persent aangeteken het. Dit beteken die beleggings het al hul waarde…
23 Jun 11AM 1 min

Grondwet beskerm almal, ook LGBT-gemeenskap

"Hold high the banners of liberty", lees die nuwe muurskildery by Sister Namibia se kantore, ter viering van Pride-maand in Junie. Sedert die skildery se onthulling het sosiale media op hol gegaan oor die gebruik van die bekende woorde in die Namibiese volkslied. Gedurende Junie het vele Afrika-lande egter selfdegeslag-verhoudinge…
23 Jun 10AM 1 min

Waar is Rehoboth-dorpsraad se forensiese oudit, Sankwasa?

Die parlement soek antwoorde oor 'n beloofde forensiese oudit van die Rehoboth-dorpsraad, te midde van kommer oor beweerde finansiële wanbestuur en 145 miljoen Namibiese dollar wat aan NamWater en 140 miljoen dollar wat aan NamPower verskuldig is. PDM-LP Inna Hengari het vanmiddag in die Nasionale Vergadering lynminister James Sankwasa gevra…
23 Jun 10AM 1 min