Bloedoortappingsdiens het dringend skenkings nodig

Loading player...
Die Bloedoortappingsdiens doen weereens 'n beroep op bloedskenkings aangesien bloedreserwes tot minder as drie dae se voorraad gedaal het. Opvoedkundige beampte Frieda Vatileni-Asino het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle 250 eenhede volbloed per dag benodig om hulle tot die einde van Januarie deur te sien. Sy sê alle pasiënte ontvang bloed en bloedprodukte, wat beteken dat hulle elke dag aan die vraag van die hospitale moet voldoen en die reserwes is laag. Saterdag is weer Red Saturday.
8 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dubbele moord tref Gobabis

Personeel van die inligtingministerie in die Omaheke-streek is op 'n moordtoneel in een van die nedersettings in Gobabis. Volgens die ministerie se span het twee mense gesterf. Geen kommunikasie van die polisie is ontvang nie en daar word steeds ondersoek ingestel. Julia Kamarenga van die ministerie se tak in Gobabis…
9 Jan 10AM 1 min

Umalusi staak uitreiking van N3-sertifikate

Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi, sal nie nuwe N3-sertifikate uitreik nie. Die uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, het in 'n toespraak oor die Departement van Basiese Onderwys se matriekuitslae, gesê 2025 was die laaste jaar ná die uitfasering van N1- na N3-programme vanaf Januarie…
9 Jan 10AM 1 min

Olthaver en List maak reg vir besige jaar

Die voorsitter van die Olthaver en List Groep, Sven Thieme, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê hulle maak gereed vir 'n besige jaar. Namibië se grootste private maatskappy is ’n diverse groep wat sowat 17 maatskappye in agt sektore van die ekonomie bestuur en meer as 5 500…
9 Jan 9AM 1 min

Laer Meatco-beesverslagtings weerspieël markrealiteite: ekonoom

Die onafhanklike landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher sê Meatco se skerp daling in beesverslagting verlede jaar weerspieël die huidige markrealiteite, met goeie reën, siektedruk en prysverwagtinge wat boere aanspoor om diere terug te hou. Meatco het verlede jaar net meer as 41 000 beeste verwerk, wat sy teiken van 70 000…
9 Jan 9AM 1 min