Tshwane misluk, bou niks in kwartaallikse verslag

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê Tshwane se Departement van Menslike Nedersettings het nie sy grondwetlike mandaat nagekom nie, gegrond op sy kwartaalverslag vir Junie tot November verlede jaar. Die verslag toon geen nuwe eiendom is voorberei, geen water- of rioolverbindings aangebring, geen paaie gebou en nie 'n enkele gesubsidieerde huis gebou nie. Woordvoerder Lenor Janse van Rensburg sê die verslag wys ook op ernstige probleme met finansiële beheer:
16 Mar 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ekonoom sê regering moet ingryp teen hoër olieprys

'n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die toenemende Midde-Oosterse konflik veroorsaak uiters hoë wêreldwye oliepryse. Parsons sê Suid-Afrika is 'n olie-afhanklike ekonomie en kan hoër vervoer- en voorsieningskoste, stygende brandstof- en kunsmispryse, en druk op inflasie en groei te wagte wees. Hy glo gekoördineerde regeringsoptrede, duidelike…
17 Mar 1AM 1 min

Gesondheid verduidelik fase een van Visie April 2026 

Fase een van die sogenaamde Visie April 2026, wat vereis dat staatsamptenare streng staatsgesondheidsfasiliteite moet gebruik, sal aanvanklik van toepassing wees op ongeveer 294 senior regeringsamptenare. Dit sluit in die president, visepresident, eerste minister en adjunk-eerste minister, kabinetsministers en hul adjunkte, parlementslede, streekgoewerneurs, sowel as hoofde van sleutelinstellings soos die polisie, weermag, korrektiewe dienste en…
17 Mar 1AM 1 min

DBV hou snuffelmark, en jy kan nog skenk ook!

Die Dierebeskermingsvereniging hou op Saterdag, 28 Maart hul jaarlikse snuffelmark. Die fondse wat ingesamel word, sal gebruik word vir dieresorg. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die DBV in Windhoek, Silke van der Merwe gepraat.
17 Mar 1AM 1 min

Lughawensmaatskappy bevestig kuberaanval

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het bevestig dat 'n kuberveiligheidsvoorval vroeër vandeesmaand opgespoor is wat sekere IT-stelsels raak. Die voorval het ongemagtigde toegang tot netwerkinfrastruktuur en administratiewe rekeninge behels. Woordvoerder Dan Kamati sê onmiddellike inperkingsmaatreëls is geïmplementeer en dat remediëring aan die gang is.
17 Mar 12AM 1 min