
Só sal klimaat landbou, visserye en ekonomie knou
Loading player...
Dit word toenemend belangrik om die impak van klimaat op die ekonomie te verstaan, aangesien veranderende weerpatrone direk sleutelsektore soos landbou, watervoorsiening, energieproduksie en toerisme raak. Klimaatsgebeurtenisse soos droogtes, vloede en stygende temperature kan oesopbrengste verminder, infrastruktuur beskadig en voorsieningskettings ontwrig, wat uiteindelik ekonomiese groei vertraag en owerheidsbesteding aan rampreaksie en -herstel verhoog. Kosmos 94.1 Nuus het met Prof. Morgan Hauptfleisch, die hoof van navorsing by die Namibiese Natuurstigting gepraat wat die impak in die Namibiese konteks verduidelik.

