
NWR: IPC sê dis tyd vir verantwoordbaarheid
Loading player...
Die IPC se skadu-omgewingsminister, Rodrick Likando, het kommer uitgespreek oor wat hy 'n ernstige ineenstorting van toesig by Namibia Wildlife Resorts noem. Dit volg nadat die omgewingsminister na bewering gesê het sy is onbewus van bewerings na die verwoestende brand by Aus dat brandblussers by NWR-fasiliteite nie gediens word nie. Likando het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar maande van gedokumenteerde mislukkings, dodelike brande en herhaalde waarskuwings oor die situasie by NWR was. Hy het 'n beroep gedoen op verantwoordbaarheid:

