
Echo het reeds goedkeuring vir lae-Aarde-wentelbaan internetdiens
Loading player...
Echo Telecommunications het sy voorneme aangekondig om die eerste internetdiensverskaffer in die land te word om hierdie maand lae-Aarde-wentelbaan satelietdienste kommersieel te loods. Die besturende direkteur van Echo Namibia, Christo Greeff, sê hulle het reeds voorlopige goedkeuring van die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nrupesh Soni, 'n tegnologiekenner en besigheidseienaar, wat verduidelik wat die verskil is tussen Starlink en ander lae-Aarde-wentelbaan satellietdienste.

