Reën sal kom maar nie so swaar soos in oostelike Suid-Afrika nie

Loading player...
Terwyl uiters swaar neerslae vir die oostelike dele van Suider-Afrika in die komende dae verwag word, sal Namibië ook reë oor die naweek ontvang maar nie in die volumes wat in oostelike Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe verwag word nie. Plaaslike weerkenner George van der Merwe.
8 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Eksamen-uitslae: Uitdagings is nie laas jaar aangespreek nie

In 2024 het 40 757 voltydse leerders die gewone vlak-eksamens geskryf, waarvan 29,5 persent gekwalifiseer vir tersiêre opleiding, 4,3 persent meer as in 2023. Die uitslae van 2025 se eksamens word op 13 Januarie bekend gemaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Jessy Abraham gepraat, woordvoerder van die Namibiese nasionale studente-organisasie,…
9 Jan 2AM 1 min

Mbalula sê ANC moet hard werk om kieser vertroue terug te wen

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die 2024 nasionale en provinsiale verkiesingsuitslag het die party genoop om ernstig introspeksie te doen. Die ANC het in die 2024 algemene verkiesing die eerste keer sedert die begin van demokrasie sy volstrekte meerderheid in die Parlement verloor. Mbalula het gister tydens die…
9 Jan 2AM 1 min

Saftu het kommer oor daling in vervaardiging

Vakbondfederasie Saftu sê die vervaardigingsektor is in 'n krisis. Die jongste syfers van Statistieke Suid-Afrika toon 'n afname van 1 persent in produksie en verkope vergeleke met November verlede jaar, met groot afleggings by ArcelorMittal, Transalloys, Ford, Coca-Cola en Aspen. Asive Dyani van Saftu sê die afname het werkverliese en…
9 Jan 1AM 1 min

Arsenal loop voorsprong van agt punte op Premierliga-ranglys mis

Arsenal het die geleentheid misgeloop om met ʼn voorsprong van agt punte op die Premierliga-punteleer te spog ná sy wedstryd teen Liverpool met nul-elk geëindig het. Die Gunners het ʼn goue geleentheid gehad nadat sy mededingers, Manchester City en Aston Villa, se wedstryde Woensdag ook gelykop geëindig het. Albei spanne…
9 Jan 1AM 1 min

Etunda se eerste piesang-oes sal Augustus begin

Die Etunda groenskema-projek in die Omusati-streek het 'n proefpiesangplantasie in Januarie 2025 begin en daar word verwag dat die eerste oes tussen Augustus en September vanjaar ingebring sal word. Bestuurder Sacky Shilyomunhu sê dat altesaam 12 000 piesangbome plaaslik verkry is, en hul groei is baie belowend.
8 Jan 11PM 1 min