
Bok-sewes verdedig Kaapstadse Wêreldsewesreekstitel
Loading player...
Die Springbok-sewes het Argentinië naelskraaps met 21-19 geklop om die eerste span te word wat die Kaapstadse Wêreldsewesreekstitel suksesvol verdedig. Suid-Afrika het 'n drie in die laaste minuut gedruk om die oorwinning te beklink en die naweek as die enigste onoorwonne manspan by die Kaapstad-stadion afgesluit. Fidji het Frankryk met 26-19 verslaan om derde te eindig. In die vroue-eindronde het Australië 'n oorwinning van 26-12 teen Nieu-Seeland behaal. Springboksewes-kaptein Impi Visser sê hy is trots op hul vertoning in die wedstryd:

