
Motsepe sê CAF se Afcon-besluit moet eerbiedig word
Loading player...
Die president van CAF, Patrice Motsepe, het die appèlraad se uitspraak oor die 2026 Afrikabeker-eindstryd tussen Marokko en Senegal ondersteun. Die Appèlraad, 'n onafhanklike CAF-regsliggaam, het Senegal se titel van hulle gestroop omdat die span van die veld geloop het uit protes toe die gasheerland Marokko in bykomende tyd 'n strafdoel gekry het. CAF het beslis Senegal het die wedstryd prysgegee en het die uitslag as 3-0 in Marokko se guns bepaal. Motsepe het gevra dat die instelling se besluite eerbiedig word.

