
NamPower se verhoging maak verbruikers warm onder die kraag
Loading player...
NamPower se tariefverhogingsversoek van 8,4 persent word deur die Elektrisiteitsbeheerraad hersien, en verskillende standpunte word geopper. Shaun Gariseb van die Katutura Rate Payers Association het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat die verskuiwing van die koste na die eindgebruikers nie NamPower se finansiële probleme sal oplos nie. Hy sê NamPower en die reguleerder moet maniere vind om plaaslike elektrisiteitsproduksie te verhoog.

