Hou eers die sambreel byderhand

Loading player...
Wydverspreide reën en donderbuie het die afgelope naweek voorgekom. Namibiërs moet maar weer hul sambrele byderhand hou vandeesweek. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van Meteorologiese Diens oor die reënvooruitsigte vir die nuwe week gepraat.
8 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GNU verwelkom lae (vir nou) inflasiekoers

Die regering verwelkom die verdere afname in verbruikersinflasie, wat van 3,5-persent in Januarie, tot drie-persent in Februarie gedaal het. Die adjunk-regeringswoordvoerder William Baloyi sê laer brandstofpryse was 'n sleutelfaktor, terwyl voedselinflasie ook vir die eerste keer in vier maande afgeneem het, wat 'n mate van verligting vir huishoudings tot gevolg…
19 Mar 4AM 1 min

Amerikaanse direkteur van intelligensie loop deur tydens Senaat-verhoor

Amerika se direkteur van Nasionale Intelligensie, Tulsi Gabbard, sê Iran se regime lyk ongeskonde, maar is grootliks verswak weens aanvalle op sy leierskap en militêre vermoëns. Sy het voor die Senaat se Intelligensiekomitee verskyn om die intelligensie-gemeenskap se jongste assessering oor Iran te deel. Gabbard sê Iran se konvensionele militêre…
19 Mar 4AM 1 min

Brandstoftekorte reeds in SA

AfriForum doen 'n beroep op motoriste om vooruit te beplan te midde van berigte van moontlike brandstoftekorte by sommige vulstasies. Volgens die organisasie kan ontwrigtings wat verband hou met die konflik in die Midde-Ooste wat voorsieningskettings beïnvloed, met sommige vulstasies wat reeds beperkte voorraad aanmeld, veral met diesel. Jacques Broodryk…
19 Mar 4AM 1 min

Motsepe sê CAF se Afcon-besluit moet eerbiedig word

Die president van CAF, Patrice Motsepe, het die appèlraad se uitspraak oor die 2026 Afrikabeker-eindstryd tussen Marokko en Senegal ondersteun. Die Appèlraad, 'n onafhanklike CAF-regsliggaam, het Senegal se titel van hulle gestroop omdat die span van die veld geloop het uit protes toe die gasheerland Marokko in bykomende tyd 'n…
19 Mar 4AM 1 min

NamPower se verhoging maak verbruikers warm onder die kraag

NamPower se tariefverhogingsversoek van 8,4 persent word deur die Elektrisiteitsbeheerraad hersien, en verskillende standpunte word geopper. Shaun Gariseb van die Katutura Rate Payers Association het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê dat die verskuiwing van die koste na die eindgebruikers nie NamPower se finansiële probleme sal oplos nie. Hy…
19 Mar 3AM 1 min