Polisie las klopjag ná massaskietvoorval in Pretoria

Loading player...
Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25 mense is geskiet, tien is op die toneel dood en een slagoffer is later in die hospitaal oorlede. Sy sê drie jong kinders van tussen drie en 16 jaar is onder die oorledenes:
7 Dec 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Handel hou Khomas sake-betrokkenheid vandag

Die handelministerie gaan in samewerking met die nywerheidsministerie die Khomas streeksake-betrokkenheid vandag in Windhoek aanbied. Die sessie gaan fokus op die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Rosalia Uushona van die handelministerie gepraat wat meer inligting gee.
7 Dec 10PM 1 min

Norris vat F1-bestuurderstitel

McLaren-renjaer Lando Norris het sy eerste Formule Een-bestuurderstitel opgeraap toe hy derde geëindig het in die seisoen se laaste wedren by die Abu Dhabi Grand Prix. Die 26-jarige renjaer is die eerste McLaren-wêreldkampioen in 17 jaar en die elfde Britse renjaer wat die kroon dra. Max Verstappen van Red Bull…
7 Dec 10PM 1 min

Sperdatum vir hoër minimumlone wink

Die implementering van verhoogde minimumlone vir huishoudelike, sekuriteits- en landbouwerkers is op hande. Die nasionale minimumloon is 18 Namibiese dollar per uur, maar vir werkers in hierdie kategorieë is die koers vasgestel om oor drie jaar in te faseer. Vir boere om 'n wins te kan maak met die verhoogde…
7 Dec 5AM 1 min

Mediadekking by Madlanga-kommissie hersien

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê haar departement hersien mediadekking by die Madlanga-kommissie na die moord op Marius “Vlam” van der Merwe, bekend as Getuie D, in Brakpan, Ekurhuleni, Vrydagaand. Kubayi het tydens die media-inligtingsessie gepraat oor die vordering wat gemaak is in haar eerste jaar…
7 Dec 4AM 1 min

Namibiese jagluipers floreer in Indië, sê hoë kommissaris

Indië se hoë kommissaris in Namibië, Rahul Shrivastava, sê die integrasie van Namibiese jagluiperds in die land vorder goed. Indië se jagluiperds uit Namibië sluit nou ‘n derde generasie welpies in en daar is in totaal 17 van dié katte van Namibiese herkoms in die land. Shrivastava het Vrydag in…
7 Dec 2AM 1 min