Polisie las klopjag ná massaskietvoorval in Pretoria

Loading player...
Die polisie het 'n klopjag na drie verdagtes van stapel gestuur na die moord op elf mense by 'n sjebien die Saulsville Hostel in Atteridgeville, in die weste van Pretoria. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagtes het Saterdagoggend by die kuierplek aangekom en lukraak begin skiet. 'n Totaal van 25 mense is geskiet, tien is op die toneel dood en een slagoffer is later in die hospitaal oorlede. Sy sê drie jong kinders van tussen drie en 16 jaar is onder die oorledenes:
7 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NamPower moet meer krag genereer

Die parlement dring daarop aan dat NamPower sy energieproduksievermoëns verbeter deur verskeie metodes in te sluit. Swapo-parlementslid Charles Mubita het in die Nasionale Vergadering gesê dat die land te veel bestee aan die invoer van elektrisiteit, terwyl daar potensiaal is vir die land om sy energiemengsel te diversifiseer en selfs…
19 Mar 6AM 1 min

Metro's se swak handelsdiens kos groei en stoot kostes op

Die Nasionale Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê swak handelsdiensprestasie in metro’s kniehalter ekonomiese groei en plaas ʼn hoë koste op die samelewing. Hy het die Metro-handelsdienshervormings bekendgestel wat ʼn nuwe prestasie-verwante aansporing onder die finansierings-toelaag vir stedelike ontwikkeling is. Die regering bied ʼn aansporingstoelaag van 54 miljard Suid-Afrikaanse rand…
19 Mar 6AM 1 min

Speaker weier vrae oor Russiese inmenging in verkiesings

Die speaker, Saara Kuugongelwa Amadhila het IPC-lid Rodney Cloete se kennisgewing vir ‘n vraag in die parlement geweier. Cloete wou weet oor Forbidden Stories, wat berig hulle het bewyse dat Rusland met die 2024 verkiesing ingemeng het en briewe, video’s en persverklarings gefabriseer het in ‘n veldtog om die IPC…
19 Mar 6AM 1 min

Iran was nêrens naby 'n kernwapen nie

Die voormalige Amerikaanse intelligensiehoof, Joe Kent, wat bedank het oor die oorlog in Iran en gesê het die land het geen onmiddellike bedreiging, soos president Donald Trump gesê het, vir die VSA ingehou nie en dat dit in werklikheid Israel se oorlog is waartoe die VSA toegetree het, het met…
19 Mar 6AM 1 min