
Speaker weier vrae oor Russiese inmenging in verkiesings
Loading player...
Die speaker, Saara Kuugongelwa Amadhila het IPC-lid Rodney Cloete se kennisgewing vir ‘n vraag in die parlement geweier. Cloete wou weet oor Forbidden Stories, wat berig hulle het bewyse dat Rusland met die 2024 verkiesing ingemeng het en briewe, video’s en persverklarings gefabriseer het in ‘n veldtog om die IPC se beeld skade te berokken, ten gunste van Swapo. Forbidden Stories beweer voorts hulle het korrespondensie tussen Swapo en Rusland gesien waarin die regerende party onder meer vir geldelike bystand gevra het. Voor Cloete sy vraag kon voltooi is hy stilgemaak.

