Cuvelai wil 10 000 huise bou

Loading player...
'n Nuwe nasionale behuisingsprogram het ten doel om 100 000 bekostigbare huise in net vyf jaar te bou. Die Cuvelai Spesiale Behuisingskemafonds het sy eerste fase afgeskop, met die doel om 10 000 nuwe eenhede te bou, met 2 142 wat vir Keetmanshoop alleen beplan word. Die skema bied huise teen pryse van 250 000 tot 400 000 Namibiese dollar, wat eienaarskap binne bereik plaas vir onderwysers, verpleegsters, staatsamptenare, dweermaglede en informele werkers. Cuvelai se uitvoerende hoof, Seija Amaambo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
6 Dec 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Handel hou Khomas sake-betrokkenheid vandag

Die handelministerie gaan in samewerking met die nywerheidsministerie die Khomas streeksake-betrokkenheid vandag in Windhoek aanbied. Die sessie gaan fokus op die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied. Kosmos 94.1 Nuus het met Rosalia Uushona van die handelministerie gepraat wat meer inligting gee.
7 Dec 10PM 1 min

Norris vat F1-bestuurderstitel

McLaren-renjaer Lando Norris het sy eerste Formule Een-bestuurderstitel opgeraap toe hy derde geëindig het in die seisoen se laaste wedren by die Abu Dhabi Grand Prix. Die 26-jarige renjaer is die eerste McLaren-wêreldkampioen in 17 jaar en die elfde Britse renjaer wat die kroon dra. Max Verstappen van Red Bull…
7 Dec 10PM 1 min

Sperdatum vir hoër minimumlone wink

Die implementering van verhoogde minimumlone vir huishoudelike, sekuriteits- en landbouwerkers is op hande. Die nasionale minimumloon is 18 Namibiese dollar per uur, maar vir werkers in hierdie kategorieë is die koers vasgestel om oor drie jaar in te faseer. Vir boere om 'n wins te kan maak met die verhoogde…
7 Dec 5AM 1 min

Mediadekking by Madlanga-kommissie hersien

Die minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê haar departement hersien mediadekking by die Madlanga-kommissie na die moord op Marius “Vlam” van der Merwe, bekend as Getuie D, in Brakpan, Ekurhuleni, Vrydagaand. Kubayi het tydens die media-inligtingsessie gepraat oor die vordering wat gemaak is in haar eerste jaar…
7 Dec 4AM 1 min

Namibiese jagluipers floreer in Indië, sê hoë kommissaris

Indië se hoë kommissaris in Namibië, Rahul Shrivastava, sê die integrasie van Namibiese jagluiperds in die land vorder goed. Indië se jagluiperds uit Namibië sluit nou ‘n derde generasie welpies in en daar is in totaal 17 van dié katte van Namibiese herkoms in die land. Shrivastava het Vrydag in…
7 Dec 2AM 1 min