Joburg se goue burgemeestersketting, regimentswaard glo soek

Loading player...
Die DA sê hy het verskeie kere al probeer om uit te vind waar belangrike artefakte van die Stad Johannesburg, naamlik die burgemeester se goue ampsketting en die regimentswaard bewaar word. Dit is veronderstel om veilig in die bank te wees. Bongani Nkwanyana van die DA sê 'n oorsigbesoek wat twee weke gelede moes plaasvind, is weens vae en onoortuigende redes uitgestel. Volgens hom sê die speaker van die raad hy het die ampsketting in Oktober gesien, maar ander raadslede kan dit nie bevestig nie:
28 Nov 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Landbou woeker met sy BKS-veldtog

Die landbouministerie se landwye veldtog oor bek-en-klouseer is vandag in sy vierde dag. Vier spanne is sover ontplooi in die Omaheke-, Otjozondjupa-, Oshikoto-, Karas-, Hardap-, Kunene- en Erongo-streke. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda gepraat. Hy gee meer inligting.
20 Mar 3AM 1 min

Rise wil moratorium op aanlyn dobbellisensies hê

Rise Mzansi vra 'n onmiddellike moratorium op nuwe aanlyn lisensies vir beroepswedders en waarsku die aanlyn dobbelbedryf is besig om buite beheer te raak. Volgens die party het Suid-Afrika nou meer as 400 geregistreerde beroepswedders, 'n skerp toename van 40-persent sedert 2020, en veel meer as baie ander lande. Makashule…
20 Mar 3AM 1 min

Toerismebeleid volgende week in Windhoek onder die loep

Die toerismeministerie sal volgende week, op 24 Maart, konsultasies in die hoofstad hou rakende die vernuwing van die 2008 Nasionale Beleid oor Toerisme vir Namibië. Industrieleiers en belangstellendes word uitgenooi om die gesprekke by te woon en insette te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die lynministerie,…
20 Mar 3AM 1 min

Trump verwag skerper styging in olie

President Donald Trump sê die ekonomiese uitwerking van die Verenigde State en Israel se aanvalle in Iran was tot dusver kleiner as wat hy verwag het. Dit is ten spyte van skerp stygings op wêreldwye energiemarkte, insluitend die van Brent-ruolie, terwyl die Straat van Hormuz, wat ʼn vyfde van die…
20 Mar 3AM 1 min

Kaapstad werk hard teen BKS

Die Stad Kaapstad sê hy is steeds verbind tot voortgesette pogings om bek-en-klouseer-uitbrekings te beperk. Byna 2 600 stuks vee is ingeënt in Mfuleni, Delft, Khayelitsha, Nyanga en Philippi-Oos, met veeartsenykundige personeel wat deur wetstoepassing begelei word. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê kontrolepunte is opgestel om…
20 Mar 2AM 1 min