
Rise wil moratorium op aanlyn dobbellisensies hê
Loading player...
Rise Mzansi vra 'n onmiddellike moratorium op nuwe aanlyn lisensies vir beroepswedders en waarsku die aanlyn dobbelbedryf is besig om buite beheer te raak. Volgens die party het Suid-Afrika nou meer as 400 geregistreerde beroepswedders, 'n skerp toename van 40-persent sedert 2020, en veel meer as baie ander lande. Makashule Gana van Rise Mzansi sê die vinnige groei, veral in aanlynweddenskappe, word swak gereguleer:

