Die landbouministerie se landwye veldtog oor bek-en-klouseer is vandag in sy vierde dag. Vier spanne is sover ontplooi in die Omaheke-, Otjozondjupa-, Oshikoto-, Karas-, Hardap-, Kunene- en Erongo-streke. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda gepraat. Hy gee meer inligting.
Rise Mzansi vra 'n onmiddellike moratorium op nuwe aanlyn lisensies vir beroepswedders en waarsku die aanlyn dobbelbedryf is besig om buite beheer te raak. Volgens die party het Suid-Afrika nou meer as 400 geregistreerde beroepswedders, 'n skerp toename van 40-persent sedert 2020, en veel meer as baie ander lande. Makashule…
Die toerismeministerie sal volgende week, op 24 Maart, konsultasies in die hoofstad hou rakende die vernuwing van die 2008 Nasionale Beleid oor Toerisme vir Namibië. Industrieleiers en belangstellendes word uitgenooi om die gesprekke by te woon en insette te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die lynministerie,…
President Donald Trump sê die ekonomiese uitwerking van die Verenigde State en Israel se aanvalle in Iran was tot dusver kleiner as wat hy verwag het. Dit is ten spyte van skerp stygings op wêreldwye energiemarkte, insluitend die van Brent-ruolie, terwyl die Straat van Hormuz, wat ʼn vyfde van die…
Die Stad Kaapstad sê hy is steeds verbind tot voortgesette pogings om bek-en-klouseer-uitbrekings te beperk. Byna 2 600 stuks vee is ingeënt in Mfuleni, Delft, Khayelitsha, Nyanga en Philippi-Oos, met veeartsenykundige personeel wat deur wetstoepassing begelei word. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê kontrolepunte is opgestel om…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.