MK-party juig oor ondersoek na Cyril

Loading player...
Die MK-party het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, se besluit verwelkom om president Cyril Ramaphosa te ondersoek oor bewerings van beweerde oortredings van die Uitvoerende Gedragskode. Die bewerings hou verband met oortredings van klousules oor magsmisbruik, onbehoorlike gedrag en optrede wat strydig is met uitvoerende verantwoordelikhede. Die party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê Ramaphosa het by verskeie geleenthede versuim om in Suid-Afrika se beste belang op te tree:
27 Nov 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NQA sê oor IEB-uitdagings

Die onderwysministerie het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy wil nie verdere kommentaar lewer op die kwessie dat die Internasionale Senior Sertifikaat, of IEB, nie deur die Namibiese Kwalifikasie-owerheid geakkrediteer is nie. Die owerheid sê dat net seker universiteite IEB toelaat maar dit word nie amptelik in Suid-Afrika herken nie,…
20 Mar 5AM 1 min

Unisa kry lughawe vir opleiding

Die visekanselier van die Universiteit van Suid-Afrika, Puleng LenkaBula, sê die instelling maak geskiedenis en is die eerste universiteit in Afrika wat 'n lughawe besit. LenkaBula sê dit sal opleiding in lugvaart, hommeltuie en digitale stelsels ondersteun. LenkaBula sê hierdie stap versterk innovering en vaardigheidsontwikkeling. Die lughawe sal in die…
20 Mar 5AM 1 min

Landbou woeker met sy BKS-veldtog

Die landbouministerie se landwye veldtog oor bek-en-klouseer is vandag in sy vierde dag. Vier spanne is sover ontplooi in die Omaheke-, Otjozondjupa-, Oshikoto-, Karas-, Hardap-, Kunene- en Erongo-streke. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie, Romeo Muyunda gepraat. Hy gee meer inligting.
20 Mar 3AM 1 min

Rise wil moratorium op aanlyn dobbellisensies hê

Rise Mzansi vra 'n onmiddellike moratorium op nuwe aanlyn lisensies vir beroepswedders en waarsku die aanlyn dobbelbedryf is besig om buite beheer te raak. Volgens die party het Suid-Afrika nou meer as 400 geregistreerde beroepswedders, 'n skerp toename van 40-persent sedert 2020, en veel meer as baie ander lande. Makashule…
20 Mar 3AM 1 min

Toerismebeleid volgende week in Windhoek onder die loep

Die toerismeministerie sal volgende week, op 24 Maart, konsultasies in die hoofstad hou rakende die vernuwing van die 2008 Nasionale Beleid oor Toerisme vir Namibië. Industrieleiers en belangstellendes word uitgenooi om die gesprekke by te woon en insette te lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die lynministerie,…
20 Mar 3AM 1 min