
Unisa kry lughawe vir opleiding
Loading player...
Die visekanselier van die Universiteit van Suid-Afrika, Puleng LenkaBula, sê die instelling maak geskiedenis en is die eerste universiteit in Afrika wat 'n lughawe besit. LenkaBula sê dit sal opleiding in lugvaart, hommeltuie en digitale stelsels ondersteun. LenkaBula sê hierdie stap versterk innovering en vaardigheidsontwikkeling. Die lughawe sal in die komende maande bekendgestel word, en sy sê dit posisioneer Unisa as 'n leier in wetenskap, ingenieurswese en toekomsgerigte onderwys:

