Supermark-toegang vir plaaslike produsente moeilik, maar kritiek

Loading player...
Die Namibië Handelsforum word aangespoor om meer plaaslike supermarkte te dwing om in lyn te kom met die land se kleinhandelsektorhandves en hul rakke oop te maak vir plaaslike produsente. Direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die opkomende groenteboere in die noorde van Namibië vertragings en streng voorwaardes van kleinhandelaars in die gesig staar.
26 Nov 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Lang oorlog kan SA uitvoere knou, sê handelminister

Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, waarsku 'n drie-maande oorlog in die Midde-Ooste kan veroorsaak dat Suid-Afrika ongeveer 13,8-miljard Suid-Afrikaanse rand in uitvoere verloor. Verlede jaar is daar ongeveer 258-miljard-rand in handel met die Midde-Oosterse streek aangeteken. Die ontwrigting in die wêreldwye olievoorraad, veral deur die strategiese…
20 Mar 8AM 1 min

Pentagon soek nog US$200 miljard vir oorlog teen Iran

Die Pentagon oorweeg om die Withuis te vra om ʼn versoek aan die Kongres goed te keur vir meer as 200 miljard Amerikaanse dollar se bykomende befondsing vir die oorlog in Iran. Volgens die BBC voer sommige Amerikaanse wetgewers aan president Donald Trump se besluit om Teheran aan te val…
20 Mar 8AM 1 min

Hardap-streek benodig meer radio-uitsendingstorings: ministerie

Die inligtingsministerie hou tans belanghebberkonsultasies in Mariental oor die uitbreiding van IKT-dienste in die Hardap-streek. Waarnemende hoofstreekbeampte Paulus Lewin het opgemerk dat hoewel netwerkdekking in die streek bogemiddeld is, meer radio-uitsendingstorings opgerig moet word, om toegang te verbeter vir mense wat in afgeleë dorpe en boerderygemeenskappe woon.
20 Mar 8AM 1 min

Moenie paniek-brandstofaankope doen, vra bedrysvereniging

Die Brandstofbedryfsvereniging van Suid-Afrika se Avhapfani Tshifularo vra motoriste om normale brandstof-aankooppatrone te handhaaf te midde van wêreldwye voorsieningsonderbrekings. Hy waarsku paniekaankope kan onnodige wanbalanse in die voorsieningsketting skep, en beklemtoon motoriste moet slegs volmaak wanneer hul tenk leeg raak. Tshifularo beklemtoon rasionele gedrag is noodsaaklik om te verseker die…
20 Mar 8AM 1 min

BOSA waarsku oor SA-ekonomie met oorlog

Build One South Africa sê die konflik in die Midde-Ooste sal nie tot die streek beperk bly nie, maar deur energiemarkte, voorraadkettings en tot in Suid-Afrikaners se daaglikse lewens versprei. Die Parlement het gister op BOSA se versoek ʼn debat gehou oor die toenemende konflik in die Midde-Ooste en die…
20 Mar 6AM 1 min