Pentagon soek nog US$200 miljard vir oorlog teen Iran

Loading player...
Die Pentagon oorweeg om die Withuis te vra om ʼn versoek aan die Kongres goed te keur vir meer as 200 miljard Amerikaanse dollar se bykomende befondsing vir die oorlog in Iran. Volgens die BBC voer sommige Amerikaanse wetgewers aan president Donald Trump se besluit om Teheran aan te val sonder om die Kongres te raadpleeg, maak dit nou moeilik om ondersteuning daarvoor te kry. Trump sê hulle moet ammunisie en ander voorrade aanvul wat uitgeput is weens die konflik en hulp in die verlede aan ander lande:
20 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die nuus om 13:00

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoofnuus op een plek.
20 Jun 6AM 2 min

Motoriste nie gekant teen veiligheid van voetgangers nie, sê Amushelelo

‘n Vreedsame betoging teen spoedhobbels wat op die B1 Westelike Verbypad om Windhoek aangebring is, het vanoggend plaasgevind. Dit volg ná aktivis Michael Amushelelo ‘n dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi gebring het om die hobbels te verwyder weens die reuse-verkeersknope wat dit veroorsaak. Regter Gabriel Komboni lewer op 30…
20 Jun 6AM 1 min

Hisbolla skend skietstaking, sê Israel

Israel sê Hisbolla se skendings van die skietstaking en voortgesette aanvalle vereis voortdurende operasies in Suid-Libanon. 'n Woordvoerder van die Israelse Weermag, Effie Defrin, sê hulle sal voortgaan om teen bedreigings op te tree, en doen wat nodig is om burgers te beskerm. Defrin sê vier Israelse soldate is dood…
20 Jun 6AM 1 min

SA verskerp veldtog teen onwettige migrante

Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die regering en ander belanghebbendes het die veldtog teen onwettige immigrasie landwyd verskerp. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hul het Vrydag, in samewerking met die polisie en Binnelandse Sake, die terugkeer van 673 Malawiese en 202 Zimbabwiese burgers via Beitbrug…
20 Jun 4AM 1 min

Intelligensie-grootkoppe kry 'uitstel' met arrestasies

Die beplande inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die hoof van intelligensie-ontleding, generaal-majoor Nozipho Madondo, is weens nasionale veiligheidskwessies afgelas. Die twee sou hulself Vrydag by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria oorgee op aanklagte van bedrog, maar die proses is gestaak omdat Khumalo betrokke is by die monitor…
20 Jun 3AM 1 min