Broos het net lof vir sy spelers

Loading player...
Suid-Afrika kwalifiseer vir die 2026 FIFA-wêreldbeker in Amerika, Mexiko en Kanada ná ʼn oortuigende oorwinning van 3-0 teen Rwanda by die Mbombela-stadion in Mpumalanga. Doele deur Thalente Mbatha, die speler van die wedstryd Oswin Appollis, en Evidence Makgopa het aan Bafana Bafana die eerste plek in Groep C en ʼn outomatiese kwalifisering vir die gesogte geleentheid besorg. Dis die eerste keer sedert 2002 dat Suid-Afrika vir die Wêreldbeker kwalifiseer. Afrigter Hugo Broos sê dis ʼn wonderlike gevoel:
15 Oct 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oekraïne-oorlog word al dodeliker: VN

Die Verenigde Nasies waarsku hoe langer die Rusland-Oekraïne-oorlog voortduur, hoe dodeliker word dit. Sedert Rusland sy volskaalse inval in Oekraïne in 2022 van stapel gestuur het, is 15 364 burgerlikes dood, insluitend 775 kinders, en meer as 42 000 mense is beseer. Ten minste 188 burgerlikes is in Februarie dood…
24 Mar 11AM 1 min

McCullum bly aan as Engeland krieket-afrigter

Krieket: Die Engelse- en Wallis-krieketraad het 'n regmerkie gegee vir die bestuurspan van die hoofafrigter, Brendon McCullum, die kaptein, Ben Stokes, en die direkteur van krieket, Rob Key, ná 'n interne hersiening van die reeks om die As. Engeland het met 1-4 die onderspit gedelf in die reeks teen Australië…
24 Mar 11AM 1 min

CAN bied gratis papsmeer-,prostaatondersoeke in Omaheke aan

Die Kankervereniging is tans in die Omaheke-streek om gratis papsmeer- en prostaatkankerondersoeke aan te bied. Die dienste maak voorsiening vir 100 vroue en 50 mans op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gepraat wat sê individue word versoek om hul eie slaapklere,…
24 Mar 10AM 1 min

Cran verduidelik hoekom Starlink-lisensie afgekeur is

Die inligtingministerie het 'n perskonferensie in die hoofstad gehou oor die weiering van Starlink se aansoek om 'n satelliet-internetdiens te lewer. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran sê Starlink het aan net drie van die ses kriteria wat deur die wet vereis word voldoen. Een van die grootste redes…
24 Mar 10AM 1 min