Pepfar-personeel het werk verloor, al sê gesondheidministerie anders

Loading player...
Gemengde boodskappe word versprei oor die land se MIV/Vigs programme wat gelei word deur die Amerikaanse Pepfar-program. Volgens aktiviste werk die program nie meer nie en het baie hulle werk verloor na president Donald Trump USAid stopgesit het. Die gesondheidministerie het al telkemale aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy befonds self die MIV/Vigs programme. Die minister het ook vroeër vanjaar in die parlement gesê dat Namibië self anti-retrovirale middels koop en nie beïnvloed is deur die VSA se ontrekking van fondse nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda gepraat, wat bevestig dat Pepfar wel geraak is.
14 Oct 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oekraïne-oorlog word al dodeliker: VN

Die Verenigde Nasies waarsku hoe langer die Rusland-Oekraïne-oorlog voortduur, hoe dodeliker word dit. Sedert Rusland sy volskaalse inval in Oekraïne in 2022 van stapel gestuur het, is 15 364 burgerlikes dood, insluitend 775 kinders, en meer as 42 000 mense is beseer. Ten minste 188 burgerlikes is in Februarie dood…
24 Mar 11AM 1 min

McCullum bly aan as Engeland krieket-afrigter

Krieket: Die Engelse- en Wallis-krieketraad het 'n regmerkie gegee vir die bestuurspan van die hoofafrigter, Brendon McCullum, die kaptein, Ben Stokes, en die direkteur van krieket, Rob Key, ná 'n interne hersiening van die reeks om die As. Engeland het met 1-4 die onderspit gedelf in die reeks teen Australië…
24 Mar 11AM 1 min

CAN bied gratis papsmeer-,prostaatondersoeke in Omaheke aan

Die Kankervereniging is tans in die Omaheke-streek om gratis papsmeer- en prostaatkankerondersoeke aan te bied. Die dienste maak voorsiening vir 100 vroue en 50 mans op 'n eerste-daar-eerste-bedien-basis. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, gepraat wat sê individue word versoek om hul eie slaapklere,…
24 Mar 10AM 1 min

Cran verduidelik hoekom Starlink-lisensie afgekeur is

Die inligtingministerie het 'n perskonferensie in die hoofstad gehou oor die weiering van Starlink se aansoek om 'n satelliet-internetdiens te lewer. Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, Cran sê Starlink het aan net drie van die ses kriteria wat deur die wet vereis word voldoen. Een van die grootste redes…
24 Mar 10AM 1 min