Morikawa sê Ryderskare se wangedrag was nie sy skuld nie

Loading player...
Die Amerikaanse gholfspeler, Collin Morikawa, ontken dat sy opmerkings voor verlede maand se Ryderbeker-toernooi die toeskouers se opruiende gedrag by Bethpage in New York veroorsaak het. Hy het die tuisskare aangemoedig om harder te kere te gaan. Europese spelers is meedoënloos uitgejou terwyl selfs bier na Rory McIlroy se vrou, Erica, gegooi is. Morikawa sê sy kommentaar is ietwat buite verband gehaal en hy het nie bedoel dat toeskouers onbeskof moet wees nie. Europa het die kompetisie gewen:
9 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oppas vir vals polisie- en munisipale beamptes

Nabootsingsfoefies is aan die toeneem reg oor die land. Misdadigers wat hulle as polisiebeamptes en munisipale amptenare voordoen, verkry toegang tot huise of mislei inwoners om geld te oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Grootfontein munisipaliteit, Luke Salomo, gepraat wat berigte bevestig het van individue wat…
26 Dec 4AM 1 min

Nuwe BKS-gevalle in Oos-Kaap aangemeld

Die Oos-Kaapse LUR vir Landbou, Nonceba Kontsiwe, het boere opdrag gegee om nie diere te skuif nie, aangesien gevalle van bek-en-klouseer steeds in die provinsie aangemeld word. Sy sê 'n bevestigde geval is nou in die Amahlathi Plaaslike Munisipaliteit opgespoor. Verdagte gevalle wat simptome toon wat ooreenstem met bek-en-klouseer, is…
26 Dec 4AM 1 min

Rassie se Kersdag-stappie lok honderde

'n Groot feestelike skare het Donderdag saam met die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus 'n Kersoggend-staptog langs die Blouberg-kus aangepak en 'n informele idee in 'n gemeenskapstradisie omskep wat al hoe gewilder word. Die ses-kilometer lange kusuitstappie, wat om sesuur die oggend buite 'n strandrestaurant in Bloubergstrand begin het, het honderde plaaslike…
26 Dec 2AM 1 min

Windhoek verwelkom vier Kersbabas

Die Stad Windhoek het minstens vier nuwe Namibiërtjies op Kersdag verwelkom. Twee babas, 'n seuntjie en dogtertjie, is by die Windhoek Sentraal-hospitaal gebore, en nog twee babas by die Katutura Kraamsaal. 'n Verpleegster en vroedvrou by Windhoek Sentraal, Jennifer Swartbooi, het met die NBC gepraat:
26 Dec 12AM 1 min

Korrupsie 'het apartheid vervang in te veel regeringsfasette'

Die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sê Suid-Afrika het 'n lang koloniale geskiedenis, apartheid, gedwonge verskuiwings en gedwonge armoede. In sy jaarlikse Kersboodskap by die St. Georges-katedraal in Kaapstad het die aartsbiskop gesê dit is ongelukkig dat nepotisme, eiebelang, korrupsie en diefstal van die armes nou apartheid in te veel afdelings…
26 Dec 12AM 1 min