
Vance en Rubio lei onderhandelings met Iran - Trump
Loading player...
President Donald Trump sê visepresident JD Vance en die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, lei die onderhandelinge met Iran. Sy kommentaar volg 'n dag nadat Iranse amptenare ontken het dat enige kontak met die VSA plaasgevind het en bewerings van gesprekke "vals nuus" is. Die Amerikaanse spesiale gesant Steve Witkoff en Jared Kushner neem ook deel aan die onderhandelinge. Dis egter nie bekend met wie hulle onderhandel nie. Trump is optimisties dat 'n ooreenkoms in sig is, en het bygevoeg dat sy administrasie met die regte mense in Teheran praat:

