Mashatile vra vir meer intra-Afrika handel

Loading player...
Die adjunkpresident, Paul Mashatile sê die versterking van die waardekettings op die Afrika-vasteland is noodsaaklik om waardetoevoeging te bevorder en mededingendheid te bereik. Hy het Dinsdag die tweede byeenkoms van die Invest in Senegal-forum toegespreek. Die forum lê hom toe op die bevordering van handel en beleggings deur die sakegemeenskappe in Senegal, Afrika en die wêreld bymekaar te bring. Mashatile sê Afrikalande het saam hard gewerk om die Afrika-vryhandelsooreenkoms te skep en dit is nou tyd om dit ten volle in te stel:
8 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Oppas vir vals polisie- en munisipale beamptes

Nabootsingsfoefies is aan die toeneem reg oor die land. Misdadigers wat hulle as polisiebeamptes en munisipale amptenare voordoen, verkry toegang tot huise of mislei inwoners om geld te oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Grootfontein munisipaliteit, Luke Salomo, gepraat wat berigte bevestig het van individue wat…
26 Dec 4AM 1 min

Nuwe BKS-gevalle in Oos-Kaap aangemeld

Die Oos-Kaapse LUR vir Landbou, Nonceba Kontsiwe, het boere opdrag gegee om nie diere te skuif nie, aangesien gevalle van bek-en-klouseer steeds in die provinsie aangemeld word. Sy sê 'n bevestigde geval is nou in die Amahlathi Plaaslike Munisipaliteit opgespoor. Verdagte gevalle wat simptome toon wat ooreenstem met bek-en-klouseer, is…
26 Dec 4AM 1 min

Rassie se Kersdag-stappie lok honderde

'n Groot feestelike skare het Donderdag saam met die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus 'n Kersoggend-staptog langs die Blouberg-kus aangepak en 'n informele idee in 'n gemeenskapstradisie omskep wat al hoe gewilder word. Die ses-kilometer lange kusuitstappie, wat om sesuur die oggend buite 'n strandrestaurant in Bloubergstrand begin het, het honderde plaaslike…
26 Dec 2AM 1 min

Windhoek verwelkom vier Kersbabas

Die Stad Windhoek het minstens vier nuwe Namibiërtjies op Kersdag verwelkom. Twee babas, 'n seuntjie en dogtertjie, is by die Windhoek Sentraal-hospitaal gebore, en nog twee babas by die Katutura Kraamsaal. 'n Verpleegster en vroedvrou by Windhoek Sentraal, Jennifer Swartbooi, het met die NBC gepraat:
26 Dec 12AM 1 min

Korrupsie 'het apartheid vervang in te veel regeringsfasette'

Die Anglikaanse aartsbiskop Thabo Makgoba sê Suid-Afrika het 'n lang koloniale geskiedenis, apartheid, gedwonge verskuiwings en gedwonge armoede. In sy jaarlikse Kersboodskap by die St. Georges-katedraal in Kaapstad het die aartsbiskop gesê dit is ongelukkig dat nepotisme, eiebelang, korrupsie en diefstal van die armes nou apartheid in te veel afdelings…
26 Dec 12AM 1 min