Die Kommunikasiewerkersvakbond sê dit is duidelik dat die regering geen politieke wil het om die Suid-Afrikaanse Poskantoor van likwidasie te red nie. Georganiseerde arbeid het voorstelle deur die sakereddingspraktisyns om die Poskantoor te likwideer verwerp en sê die stap sal daartoe lei dat meer as 5 000 hul werk verloor…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê die oorlog in die Midde-Ooste is weer ‘n bewys van hoe dringend die wêreld moet oorskakel na hernubare energiebronne. Hy sê hernubare energie lewer klimaatsekerheid, energiesekerheid en nasionale veiligheid.
Daar is kommer in die parlement oor die regering se versuim om 'n kabinetsbesluit van 2021 te implementeer om die staatsbeheerde mediahuise New Era en Nampa te laat saamsmelt. Die stap het ten doel om dupliseringskoste wat na raming sowat 75 miljoen Namibiese dollar beloop, te verminder. Die voorgestelde samesmelting…
AfriForum doen 'n beroep op die Gautengse regering om die bekendstelling van nuwe voertuignommerplate te staak na bevindinge dat drie vervaardigers pryse onwettig vasstel. Die Mededingingskommissie sê die kartel is sedert middel-2023 in werking, wat koste vir motoriste opjaag. Louis Boshoff van AfriForum waarsku die nuwe nommerplate kan die vervaardigers…
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom die Gautengse afdeling van die Hooggeregshof se bevestiging dat die departement wettig gesag het om Suid-Afrika se hantering van bek-en-klouseer te reguleer en te bestuur. Sakeliga en ander organisasies het die aansoek ingedien om dringende tussentydse verligting te kry wat ongereguleerde privaat verkryging…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.