Boere Oktober Fees 2025 help om broodnodige fondse in te samel vir die President Steyn-skool Bloem

Loading player...
Die Steyner Boere Oktober Fees Week aangebied deur President Steyn-skool, geborg deur Human Auto vind 16 tot 18 Oktober 2025 plaas by Be Human buite Bloemfontein. Op Donderdag, 16 Oktober, klim groot name in die ring tydens die Bokke Fight Night. Oud-Springbokke Ollie le Roux en James “Bullet” Dalton pak mekaar. Die volgende aand, Vrydag, 17 Oktober 2025, is dit Ladies Night, met Steve Hofmeyr op die verhoog asook OFM se Shandor Potgieter wat teen ’n geheime teenstander te staan kom. Saterdag, 18 Oktober beloof pret vir die hele gesin met Appel op die verhoog, saam met Daniel Wesley, Ryk Kleynhans, Belinda & Amy, en die Grey College Boere Orkes!

Onderwysers Bianca Esterhuizen en Dricus Kotzé sluit by Yolanda Maartens aan met al die besomderhede oor vanjaar se Steyner Oktober Feesweek. OFM is die trotse mediaborg van die Boere Oktober Fees Week aangebied deur President Steyn-skool, geborg deur Human Auto.
1 Oct 12PM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Akademia se landbouskenkingsfonds loop hand in hand met hul toekomsplanne

Die Akademia-landbouskenkingsfonds is in 2025 gestig om Akademia se landbouontwikkeling, wat deel sal vorm van die instelling se 2028- wêreldklas kampus in die ooste van Pretoria, te ondersteun. Zander Botha, bestuurder van die Akademia-skenkingsfonds sluit by Yolanda Maartens aan met al die opwindende besonderhede. Besoek gerus ook akademia.ac.za
10 Dec 4AM 4 min

SLIM is 'n aanlyn platform met ouderdoms-toepaslike opvoedkundige speelgoed

Agneta Grové van SLIM- Speel en Lees vir Intelligente Maatjies, is ‘n Spraakterapeut en Oudioloog met 45 jaar ervaring in verskeie kliniese omgewings. Sy verstaan die voordele van speel en die waarde van lees vir alle kinders maar het ook die leemte in die Afrikaanse mark gesien. Sy het haar…
3 Dec 3AM 4 min

Afrihost: 25 years of people centric service

Afrihost has been collecting stories from Afrihost clients across South Africa for their 25-year celebrations. Afrihost Brand and Marketing Manager, Conrad de Beer joins Yolanda Maartens to reflect on the surprising lessons they learnt during this road trip. While technology may change and come and go, people remain. That is…
26 Nov 3AM 4 min