Fokus nou op dienste, groei: Steenhuisen

Loading player...
Die DA-leier John Steenhuisen sê nou dat die begroting aanvaar is, moet die fokus verskuif na dienslewering en die vinnige instelling van noodsaaklike hervormings om ekonomiese groei te ontsluit en werk te skep. Die party het ten gunste van die Toedelingswetsontwerp gestem wat in die parlement bekragtig is. Steenhuisen sê die DA het ʼn belangrike rol gespeel om die begroting te vorm en sê hy het die ANC se voorgestelde BTW-verhoging van 2 persent gekeer:
24 Jul 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA grensposte gereed vir instroming

Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato sê die departement van binnelandse sake en die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge sal help dat die hantering van migrante en asielsoekers die naweek glad verloop. Groter getalle mense word verwag om na Suid-Afrika terug te keer namate ná die spitsvakansieseisoen…
4 Jan 4AM 1 min

Ramaphosa kondig klimaatkommissie aan

President Cyril Ramaphosa het die Presidensiële Klimaatkommissie van 25 lede vir die 2026/2030-termyn aangekondig, na aanleiding van openbare benoemings ingevolge die Wet op Klimaatsverandering van 2024. Die kommissarisse, insluitend Nasiphi Moya en Shaamela Soobramoney, bring kundigheid in klimaatbeleid, volhoubare ontwikkeling, energie en maatskaplike geregtigheid. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa…
4 Jan 2AM 1 min

SA regeringsdiplomate bekommerd oor Venezuela

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het kommer uitgespreek oor die Amerikaanse militêre operasies in Venezuela, wat die gevangeneming van president Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Adela Flores de Maduro tot gevolg gehad het. Die departement het beklemtoon dat die ingryping soewereiniteit ondermyn en die VN-Veiligheidsraad versoek om…
4 Jan 1AM 1 min

Amerika regeer Venezuela, olievelde

President Donald Trump sê Amerika sal Venezuela regeer totdat dit veilig is vir 'n oorgang na 'n nuwe regering. Die VSA het Venezuela aangeval en sy langdienende president Nicolás Maduro en sy vrou Saterdag in 'n oornagoperasie gevange geneem. Volgens 'n amptenaar van die Departement van Justisie word verwag dat…
3 Jan 10PM 1 min

Nuwe toep help met huur

'n Nuwe platform genaamd Pozi is bekendgestel om studente en gegradueerdes te verbind met veilige,bekostigbare akkommodasie, terwyl dit verhuurders help om betroubare huurders en 'n bestendige inkomste te verseker. Die toep is daarop gemik om riskante, informele huisvestingsoektogte te vervang met 'n betroubare, deursigtige stelsel wat ontwerp is om een…
3 Jan 5AM 1 min