SA grensposte gereed vir instroming

Loading player...
Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato sê die departement van binnelandse sake en die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge sal help dat die hantering van migrante en asielsoekers die naweek glad verloop. Groter getalle mense word verwag om na Suid-Afrika terug te keer namate ná die spitsvakansieseisoen. Hy het by die Beitbridge-grenspos bevestig dat bykomende verwerkingsareas ingestel is om die verhoogde vloei van mense te bestuur:
4 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril veroordeel VSA se optrede in Venezuela

Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, het die Amerikaanse optrede in Venezuela veroordeel en sê dit ondermyn die land se soewereiniteit en die integriteit van sy grondgebied. Ramaphosa het tydens die 31ste jaarlikse herdenking van die vryheidsvegter, Joe Slovo, in Soweto, Johannesburg, gevra vir die onmiddellike vrylating van president Nicolás Maduro en…
6 Jan 10AM 1 min

Langafstand-swemmer durf Valsbaai aan vir DBV

Swem: Die gesoute langafstand-swemmer en Guinness-wêreldrekordhouer, Howard Warrington, gaan vandag die 34 kilometer oor Valsbaai swem. Hy wil fondse insamel vir die Kaap die Goeie Hoop Dierebeskermingsvereniging se ambisieuse plan om 10 000 diere te steriliseer. Die DBV-woordvoerder, Belinda Abraham, sê hulle het verlede jaar meer as 23 000 weggooidiere…
6 Jan 10AM 1 min

Nanso-president bemoedig skoolverlaters

Terwyl die afwagting op die 2025-eksamenuitslae se vrystelling op 13 Januarie toeneem, ontvang leerders 'n stortvloed van gelukwensende en bemoedigende boodskappe. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Dorthea Nangolo, opgemerk dat hierdie wagtydperk baie stresvol kan wees. Sy het 'n boodskap…
6 Jan 9AM 1 min

Capricorn Eagles reg vir Nepal, sê afrigter

Francois van der Merwe, die afrigter van die Capricorn Eagles, sê sy span is gereed vir die Internasionale Krieketraad se T20 Wêreldbeker-kwalifiseerder vir vroue. Die kwalifiseringswedstryde is geskeduleer vir 12 Januarie tot 2 Februarie in Nepal. Van der Merwe het vanoggend met die media gepraat voor die span se vertrek…
6 Jan 9AM 1 min