Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië in Oktober 2025 slegs 37,8 persent van sy totale vraag na energie kon opwek en moes 62,2 persent, of amper 261 000 megawatt-ure, van die totale krag wat gedurende die maand aan die plaaslike ekonomie verskaf is, invoer. Harald Schütt, plaaslike energie kenner…
Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het tydens landswye operasies gesamentlik beslag gelê op nagemaakte en onwettige goedere ter waarde van meer as 350 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê multidissiplinêre operasies tydens Desember 2025 is onderskeidelik in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap uitgevoer. Sy sê nagemaakte en onwettige…
Graad 12-matriekuitslae word vandag aangekondig en in die lig daarvan vra die Vereniging van Staatsamptenare die 2025-matrikulante, voornemende studente en hul ouers om uiters waaksaam te bly wanneer hulle vir tersiêre onderwys aansoek doen en registreer. Die vereniging se woordvoerder, Claude Naicker, is bekommerd oor die historiese toename in ongeregistreerde…
President Donald Trump sê hy is vol vertroue dat Amerika Groenland sal bekom. Denemarke en Groenland sê die gebied is nie te koop nie, en Denemarke waarsku militêre optrede sal die einde beteken van die NAVO militêre bondgenootskap. Volgens ʼn Deense meningspeiling glo 38-persent Dene dat Amerika onder die Trump-administrasie…
Reaksie word steeds ontvang op Grok, die X-kletsbot wat deur Elon Musk besit word, foto’s kan omskep in naakfoto’s in. Internasionale kenners meen 'n regering wat die veiligheid en welstand van vroue en kinders ernstig opneem, moet vinnig reageer op sulke gebeure en Indonesië het reeds Grok verbied. Kosmos 94.1…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.