Colombiaan skuldig aan gru-dubbele moord in Londen

Loading player...
Yostin Andres Mosquera, 35, is skuldig bevind aan die moord op twee mans in Londen, wat hy onthoof en uitmekaar gesny het voordat hy hul liggaamsdele in twee tasse na die Clifton-hangbrug in Bristol geneem het. Die Woolwich-kroonhof het gehoor Mosquera, 'n Colombiaan, het Albert Alfonso, 62, en Paul Longworth, 71, op 8 Julie 2024 in hul woonstel vermoor. Twee dae later het hy na Bristol gereis om die tasse van die brug af te gooi. 'n Brug-opsigter het hom met een van die koffers gesien en 999 gebel. Luister self.
22 Jul 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kenner reageer op afhanklikheid van kraginvoere

Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië in Oktober 2025 slegs 37,8 persent van sy totale vraag na energie kon opwek en moes 62,2 persent, of amper 261 000 megawatt-ure, van die totale krag wat gedurende die maand aan die plaaslike ekonomie verskaf is, invoer. Harald Schütt, plaaslike energie kenner…
12 Jan 1AM 1 min

SAPD behaal groot sukses met vervalste goedere

Die polisie en sy misdaadbestrydingsvennote het tydens landswye operasies gesamentlik beslag gelê op nagemaakte en onwettige goedere ter waarde van meer as 350 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê multidissiplinêre operasies tydens Desember 2025 is onderskeidelik in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap uitgevoer. Sy sê nagemaakte en onwettige…
12 Jan 1AM 1 min

SA se matrieks hoor vandag

Graad 12-matriekuitslae word vandag aangekondig en in die lig daarvan vra die Vereniging van Staatsamptenare die 2025-matrikulante, voornemende studente en hul ouers om uiters waaksaam te bly wanneer hulle vir tersiêre onderwys aansoek doen en registreer. Die vereniging se woordvoerder, Claude Naicker, is bekommerd oor die historiese toename in ongeregistreerde…
12 Jan 12AM 1 min

Trump sê VSA moet Groenland bekom

President Donald Trump sê hy is vol vertroue dat Amerika Groenland sal bekom. Denemarke en Groenland sê die gebied is nie te koop nie, en Denemarke waarsku militêre optrede sal die einde beteken van die NAVO militêre bondgenootskap. Volgens ʼn Deense meningspeiling glo 38-persent Dene dat Amerika onder die Trump-administrasie…
12 Jan 12AM 1 min

Beskerm jou foto’s so aanlyn

Reaksie word steeds ontvang op Grok, die X-kletsbot wat deur Elon Musk besit word, foto’s kan omskep in naakfoto’s in. Internasionale kenners meen 'n regering wat die veiligheid en welstand van vroue en kinders ernstig opneem, moet vinnig reageer op sulke gebeure en Indonesië het reeds Grok verbied. Kosmos 94.1…
12 Jan 12AM 1 min