Busamed en VR MED hou gholfdag om Bloem se eie wêreld assessor by die Wold Rescue Challenge te kry

Loading player...
Julius Fleischman is aangestel as 'n wêreld assessor vir die komende World Rescue Challenge (WRC), wat van 9 tot 14 September 2025 in Karlovac, Kroasië gehou sal word, wat SAMRO (South Africa Medical Rescue Organisation) verteenwoordig. Die kern van die World Rescue Organisation (WRO) se missie is die World Rescue Challenge - 'n jaarlikse gebeurtenis wat die wêreld se top reddings- en mediese spanne bymekaarbring om mee te ding, te leer en beste praktyke te deel. Om hom te help om sy kostes te dek, het Busamed Bram Fischer Privaat Hospitaal en VR MED hande gevat en hou hul ‘n gholfdag die 1ste Julie by Schoemanpark-gholfbaan om fondse in te samel vir die ongelooflike geleentheid. Om jou plek te verseker kontak 084 555 9632.
28 May 2025 8AM English South Africa Education · Leisure

Other recent episodes

Verwag ‘n dag van goeie gees by die jaarlikse Hoërskool Jim Fouché gholfdag

Die dag is meer as net ‘n gholfdag, die dag beoog om Hoërskool Jim Fouché te ondersteun en is ‘n jaarlikse fondsinsameling geleentheid wat ondersteun word deur besighede en ywerige gholfspelers. Hoërskool Jim Fouché se Gholfdag vind plaas op Dinsdag, 22 September 2026 by die Bloemfontein Golf Club. Afslaantyd is…
10 Sep 7AM 2 min

Vat hande met Vrystaat Versorging in Aksie om jonk en oud te ondersteun

Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) is ’n diensgerigte welsynsorganisasie wat deur hul 83 dienspunte ’n verskeidenheid maatskaplike dienste en ondersteuningsprogramme aan individue, gesinne en gemeenskappe lewer. Dienste strek oor die volle omvang van lewe – van die wieg tot aan die graf. Die organisasie is ‘n aangewese Kinderbeskermingsorganisasie en lewer…
8 Sep 5AM 7 min

NWK Groephoof Uitvoerende Beampte: Pieter Kleingeld

Yolanda Maartens gesels met Pieter Kleingeld, Groephoof Uitvoerende Beampte by NWK hoofkantoor oor hul gemeenskaps projekte, en spesifiek oor hul Grip4Charity Golfdag. Pieter gee ook lekker terugvoer oor hoe gaan dit met hul Ysters in Landbou inisiatief.
4 Sep 4AM 4 min

NWK Bemarkingsbestuurder: Jacques de Wet

Yolanda Maartens kuier in Lichtenburg by die NWK hoofkantoor, en gesels met Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder, oor wat NWK se Ysters vir Landbou is, en waarom die inisiatief so belangrik is. Hul gesels oor hoe die publiek betrokke kan raak, en wat alles beplan word vir 9 Oktober.
4 Sep 4AM 4 min