#ALT-Fokus Met Venita – Carla Franco, Donderdag 6 Maart

Loading player...
Hierdie week op #ALT-Fokus gesels Venita met Carla Franco as deel van Wêreldgehoordag. Carla deel haar liefde vir musiek en die struikelblokke wat sy moes oorkom om haar droom te kan uitleef. As ‘n groot aktivis vir vroue in die industrie, vier sy hul talent en het ‘n spesiale boodskap vir haar luisteraars oor hoe ons hierdie ongelooflike kunstenaars kan ondersteun.
6 Mar English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#ALT-Fokus – Robbie Wessels | 7 Augustus

Daar is geen ander kunstenaar wat meer gepas is om #ALT-Fokus se ALT-gustus af te skop as Robbie Wessels nie. Venita plaas die #HOOF-Fokus op die 20-jaar-herdenking van sy album My vissermanvriend se pa en bou op na die 20-jaar viering van sy 2006-album Halley se Komeet. Venita en Robbie…
7 Aug 47 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – Lucia | 6 Augustus

Lucia kuier by Venita is die GROOT-ateljee om te gesels oor haar nuwe enkelsnit As jy val — ’n liedjie wat nie net gesing word nie, maar gebid word. Ná vyf maande van stilte, introspeksie en genesing, bring Lucia ’n kragtige getuienis van geloof, verlies en tweede kanse.
6 Aug 19 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – ABFAB | 5 Augustus

Lisa MYNX en Sean Styx van ABFAB gesels met Venita oor hul enkelsnit “Wake Up!”. Hullw praat oor hul ongelooflike live-shows, hoe hulle as duo mekaar oor die jare leer ken het, en wat gebeur as jy jou lewe probeer vasvang in woorde.
5 Aug 15 min

#ALT-Fokus met Venita – Just Mia | 31 Julie

Just Mia is Venita se uitkyk kunstenaar vir hierdie week se #ALT-Fokus!! Sy gesels oor haar reis met musiek en hoe haar 3de plek by die Taalgenoot Ruk en Rym musiekkompetisie haar nuutste enkelsnit 'Somer' moontlik gemaak het.
31 Jul 34 min

#WeeksdaeVibesMetVenita – David Derman | 4 Augustus

David Derman gesels met Venita oor sy nuwe enkelsnit “Morning Light” — musiek geïnspireer deur die moontlikheid van ouerskap en die liefde vir ’n kind wat nog nie bestaan nie. Hy deel hoe dit voel om ’n oom te word, hoe daardie ervaring sy perspektief op liefde verander het, en…
4 Aug 19 min