#OFMPinkTober 2024 samel meer as R1-miljoen in vir KANSA!

Loading player...
OFM, die Klank van Jou Lewe, kondig met trots aan deur die goedhartigheid van luisteraars en gemeenskappe dwarsoor Sentraal Suid-Afrika het die #PinkTober-veldtog ’n verstommende R1 018 000 ingesamel ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika.

Die hele Oktober lank het OFM sy verbintenis tot borskankerbewustheid versterk met ’n reeks suksesvolle projekte. Die veldtog het Bowling4Boobies-geleenthede ingesluit in Vanderbijlpark, Klerksdorp, Bloemfontein, Bethlehem en Vryburg waar gemeenskappe bymekaargekom het om pret te hê terwyl hulle bygedra het tot ’n belangrike saak. Boonop het OFM-luisteraars weekliks op ’n Donderdag hul gewig agter die saak ingegooi wanneer hulle tydens ons uitsending skenkings kon belowe. Dit het ’n samehorigheidsgevoel gespek en mense aangespoor om die daad by die woord te voeg.

Benewens OFM se georganiseerde geleenthede het luisteraars hul eie insamelings gehou, wat wys hoe opreg Sentraal-Suid-Afrika omgee om ’n verskil te maak. Elke individu en groep wat bygedra het tot #PinkTober – hetsy deur hul eie geldsamelingsgeleenthede of deur skenkings aan OFM se veldtog – het daartoe bygedra om hierdie merkwaardige bedrag in te samel.
12 Nov 2024 1AM English South Africa Entertainment News · Music Interviews

Other recent episodes

Griquas’ Master Plan for the Black Lion!

After a clinical 35-20 opening victory against Romania A, the Peacock Blues are proving they belong in international rugby. But there is absolutely no time to celebrate. We sat down on Good Morning Breakfast with Griquas Assistant and Forwards Coach Franco van der Merwe to dissect their winning start and…
10 Jun 3AM 9 min

Griquas 100% Ready for SA Cup Final Clash Against Pumas

Bring it home, boys! 🏆 The Good Morning Breakfast team caught up with Griquas stars Tiaan Lange and Zane Bester ahead of this Saturday’s massive SA Cup final clash against the Pumas. The energy is high, the focus is locked, and the team is 100% ready to bring that trophy…
21 May 2AM 4 min