BAASRAAK RADIO “Brultyd – Waar die brul van God se kinders weerklink!”

“Brultyd – Waar die brul van God se kinders weerklink!”

Brultyd – Maandae, Woensdae & Vrydae | 06:00 | Baasraak TV YouTube Kanaal

Dis Brultyd – ’n oggend-aanroep tot geestelike ontwaking!

In ’n wêreld waar die vyand brul soos ’n leeu, is dit tyd dat God se kinders weer hulle eie brul vind. Elke Maandag, Woensdag en Vrydag om 06:00 nooi ons jou om deel te wees van die Leeutrop van God, waar Jesus Christus – die Leeu uit die stam van Juda – ons Leier is.

Ons deel kragtige Woordboodskappe van verskeie predikers en sprekers om jou siel te versterk, jou geloof aan te wakker, en die geestelike brul in jou hart weer los te maak. Begin jou dag met vuur, geloof en fokus.

👉 Sluit aan. Brul saam. Word wakker vir oorlog. Dis Brultyd!
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
4 Episodes

Van Rugbesering tot Bergtop! - Berrie Geldenhuys | Brultyd

In hierdie inspirerende episode van Brultyd hoor ons die kragtige getuienis van Berrie Geldenhuys, ’n toegewyde beampte by die Mosselbaai Jeugsentrum en ’n man van geloof. Vanaf sy hoërskooldae was Berrie ’n passievolle bergklimmer — tot ’n ernstige rugbesering daardie droom in duie laat stort het. Dokters het gewaarsku dat…
10 Aug 41 min

“Ek Was in die Hel! | Getuienis van Andries Venter | Brultyd

In hierdie kragtige Brultyd-uitsending deel ons die aangrypende getuienis van Andries Venter – ’n man wat diep in satanisme vasgevang was en homself fisies in die hel bevind het. Hierdie getuienis, opgeneem tydens een van ons manne-ontbyte in 2007, wys hoe geen mens te ver verlore is vir God se…
1 Aug 47 min

Brultyd | God soek na greatness in 'n man - Trevor Shanold Marillac

Luister na die kragtige Woord wat, Pastoor Marrilac ;n paar jaar gelede by 'n Vadersdag diens, by die AGS Greenhaven in Grootbrak Rivier bedien het. “Brultyd – Waar die brul van God se kinders weerklink!” Brultyd – Maandae, Woensdae & Vrydae | 06:00 | Baasraak TV YouTube Kanaal Dis Brultyd…
29 Jul 53 min

Brultyd | Gaan jy sterk eindig? - Coach Freek

Coach Freek se Preek by die Manne van die Woord Pretoria Oos Byeenkoms in 2015. Welkom by Brultyd – jou oggend-aanroep tot geloof, vuur en fokus! Elke Maandag, Woensdag en Vrydag om 06:00 bring ons vir jou kragtige Woordboodskappe van verskeie predikers en sprekers om die brul van God in…
28 Jul 45 min