Skriftuurlik

Het jy vrae oor die lewe, God, of die Bybel? Indien wel, is Skriftuurlik met Wynand & Pastoor Rocky op Radiokansel die platform om dit te vra. Luisteraars stuur vrae direk na die ateljee via WhatsApp. Aanbieders Wynand Rossouw en Pastoor Rocky Stevenson poog dan om hierdie vrae te beantwoord. Die doel van die program is om antwoorde uit die Bybel te vind oor kwessies waarmee mense in hul alledaagse lewens sukkel.
Weekly English South Africa Christianity · Christianity
211 Episodes
140 – 160

Hoe om iemand van 'n ander geloof te benader

Ons het die jaar op n hoe noot af geskop met vrae van ons luisteraars soos "hoe verduidelik ek aan iemand van n ander geloof hoe om n Christen te word " en is dit moontlik om God se Naam ydelik te gebruik wanneer ek bid.
1 Feb 2022 47 min

Past Matt Viljoen en Wynand Rossouw

n bybelse gefundeerse program waar die aanbieders na aanleiding van luisteraars vrae antwoorde uit die skrifte deel oor allerdaagse se sake waarmee ek en jy moontlik mag sukkel
21 Dec 2021 48 min

Mag jy 2 keer gedoop word?

Vrae vanaf luisteraars oor of jy jouself twee maal kan laat doop, en wat die Bybelse uitsprake daaroor is. Wat sê 1 Korithiers 11 oor n man en vrou se hoof bedekking en hoe verstaan ons dit in vandag se moderne konteks in die kerk, is van die interessante vrae…
23 Nov 2021 53 min

Wat as ek en my gesin seer gekry het in die kerk?

Wat staan my te doen as ek en my gesin in die kerk seergekry het? Hoe vergewe ek iemand wat my aanhoudend bly seermaak? Het die skrifte antwoorde vir my daarvoor? Wynand en past Matt ondersoek die Skrif vir antwoorde.
8 Nov 2021 48 min

Wat is eerste bekering of geloof?

n Interesante vraag wat ons vandag ontvang het, gaan oor bekering en geloof en die luistraar wil weet in volg orde watter een kom eerste as die Bybel dan se dat albei baie belangrik is
26 Oct 2021 48 min

Mag 'n Christen met ander nasies, kulture en tale trou?

Wat se die Skrifte wat moet ek my kinders leer, mag ek met ander nasies, volke, kulture en tale introu en myself in die eg met so iemand verbid? Vrae waarna ons vandag kyk en die Skrifte ondersoek vir n antwoord.
5 Oct 2021 48 min

Is die COVID-19 inenting Openbaring se merk van die dier?

Leef ons vandag al in die tyd van die Seëls waarvan Openbaring praat en is die huidige inenting die merk van die dier waarvan daar ook in Openbaring gepraat word? Dit is van die interesante vrae wat ons in vandag se program hanteer.
14 Sep 2021 51 min

Wat is die rol van beskerm engele op aarde?

Baie interessante vrae vandag waarmee ons die Skrifte ondersoek kom uit Secunda se wereld " om nie klein kindertjies te laat struikel nie en beskerm engele se rol op aarde, ook n vraag oor die nuwe hemel en nuwe aarde en waar ons gaan bly, en n vraag oor seks…
7 Sep 2021 52 min

Kies ek God of kies Hy my?

Daar is 3 tekste wat met mekaar verband hou in Mattheus. Die vraag is: Hoe kom ons eie keuse om God aan te neem en Sy uitverkiesing bymekaar uit? Wynand & Past Matt ondersoek die Skrif (Matt. 15:13, 22:11 en 14).
31 Aug 2021 20 min

So oordeel Jesus my nou of nie?

Matt Viljoen verduidelik Jesus se woorde aan die vrou wat in egbreuk betrap is in Johannes 8:11 - Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie; en onderskei tussen Sy agendas by onderskeidelik Sy eerste en Sy tweede koms.
31 Aug 2021 20 min
140 – 160