100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,803 Episodes
940 – 960

Bontle se vermeende moordenaars borgtog geweier

# Die saak teen die vyf mense wat daarvan aangekla word dat hulle die sesjarige Bontle Mashiyane in Mei in Masoyi vermoor het, is die week in Kabokweni borgtog geweier. Sy het op 30 April vermis geraak by haar huis en haar verminkte, ontbindende lyk is drie weke later gevind…
13 Oct 2022 8AM 1 min

Cele Vrydag in Matsulu vir GBG imbizo

Die minister van polisie, Bheki Cele, besoek môre Matsulu vir 'n ministeriële imbizo oor geslagsgebaseerde geweld. Sy woordvoerder, Lirandzu Themba, sê dit het ten doel om veral mans in die gemeenskap aan te moedig om betekenisvol deel te neem aan pogings om huishoudelike geweld en seksuele oortredings te bekamp. Die…
13 Oct 2022 6AM 1 min

KLCBT: Ons sluit nie hekke nie, ons is oop vir toerisme

Dit is onwaarskynlik dat die Numbi-hek na die Krugerwildtuin sal sluit. So sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer in antwoord op die minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, se antwoorde aan die Parlement se gekose komitee dat die saak oorweeg word na die moord verlede Maandag op ‘n toeris. Grimbeek sê…
12 Oct 2022 7AM 1 min

Vermeende verkragter in hospitaal na gemeenskapslede hom aanval

‘n Vermeende verkragter is in die hospitaal na hy na bewering deur 'n groep mans aangeval is. Die verdagte het na bewering vroeg Sondagoggend ‘n jong vrou by Thubelihle in Kriel aangeval. Sy het om hulp geskree, en die mans het haar te hulp gesnel. Kolonel Donald Mdhluli sê die…
11 Oct 2022 9AM 1 min

Mpumalanga is gereed vir rekordaantal matrikulante wat vanjaar eindeksamen skryf

'n Rekordaantal voltydse graad 12-leerlinge skryf vanjaar weer die matriekeindeksamen in Mpumalanga. Dit skop op 31 Oktober af. Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend in Bethal die gereedheid van sy departement aangekondig. Hy sê die eksamens verloop sedert 2010 sonder voorval in die provinsie. Amptelik is die mikpunt…
11 Oct 2022 5AM 1 min

DA: Hlophe se aanstelling 'skokkend'

Die DA in Mpumalanga het die aanstelling van Nompumelelo Hlophe as die nuwe LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme as “skokkend” beskryf. Hlophe vervang vir Vusi Mkkatshwa. Jane Sithole, die DA leier in die provinsie, verwag dat sy sal sukkel in die portefeulje.
7 Oct 2022 7AM 1 min

DA het gemengde reaksie oor kabinetskommeling

Die DA in Mpumalanga het die aanstelling van Mandla Msibi as LUR van samwerkende regering verwelkom. Hy is verlede jaar afgedank na hy van moord aangekla is, maar die aanklagte is in September teruggetrek. Jane Sithole, die DA leier in die provinsie, sê die party is versigtig optimisties oor sy…
7 Oct 2022 7AM 1 min

Polisieminister- en kommissaris besoek Mpumalanga na moord op toeris

Die polisieminister, generaal Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, besoek vandag Mpumalanga na ‘n Duitse toeris Maandag tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet is op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin. Hulle sal vanoggend die toneel besoek. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het ‘n beroep gedoen op…
5 Oct 2022 2AM 1 min

Die skietdood van 'n Duitse toeris onderweg na die wildtuin word wyd veroordeel

Die DA het sy stem gevoeg tot die koor wat met afgryse gevul is dat ‘n Duitse toeris gistermiddag op die Numbi-pad na die Krugerwildtuin doodgeskiet is tydens ‘n beweerde kaping. Die Kruger-Laeveld-sakekamer het ‘n beloning van 50-duisend-Rand uitgeloof vir inligting oor die verdagtes. Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap sê…
4 Oct 2022 6AM 1 min

SA Ope Spele amptelik by Rob Ferreira geopen

Die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuele Gestremdes se SA Ope Spele het gister by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier afgeskop. Atlete ding deur die week mee in atletiek, landloop, netbal, basketbal en futsal met die eindstryde van die verskillende kodes wat Vrydag plaasvind. Die spele is vanoggend amptelik geopen. Die president…
4 Oct 2022 5AM 1 min

R50 000 beloning vir inligting na Duitse toeris doodgeskiet is

Die Kruger-Laeveld-sakekamer het ‘n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting oor die verdagtes wat gistermiddag ‘n Duitse toeris tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet het. Volgens die polisie was ‘n groep van vier toeriste van Duitsland om ongeveer 16:30 op die R538 Numbi-pad onderweg na die Numbi-hek van die Krugerwildtuin…
4 Oct 2022 4AM 1 min

SA Ope Spele by Rob Ferreira aangebied

Atlete van sewe provinsies begin vandag deelneem aan die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuele Gestremdes se SA Ope Spele. Dit word by Hoërskool Rob Ferreira aangebied in samewerking met die provinsiale departemente van onderwys en sport. Atlete ouer as 16 jaar sal meeding in atletiek, landloop, netbal, basketbal en futsal. Woordvoerder,…
3 Oct 2022 8AM 1 min

Mpumalanga-onderwysdepartement neem stappe om tienerswangerskappe aan te spreek

Die Departement van Onderwys in Mpumalanga sê dit is bekommerd oor meisies van skoolgaande ouderdom wat babas kry. Agt-duisend-830 leerlinge tussen 10 en 19 jaar oud het tussen April 2021 en Maart vanjaar geboorte gegee. Landwyd is die getal 90-duisend. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê ‘n werkswinkel is verlede week gehou…
3 Oct 2022 6AM 1 min

Lenteklasse vir 2022-matrieks

Die Mpumalanga departement van Onderwys het vandag met lenteskool ekstraklasse vir graad. 12-leerlinge begin. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê dit is gemik op alle skole wat verlede jaar ‘n slaagsyfer van minder as 70-persent behaal het. Die klasse word tot Vrydag by 133 sentrums aangebied deur onderwysers wat gekies is op…
3 Oct 2022 6AM 1 min

Ongeluk wat drie eis word ondersoek

Die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga ondersoek ‘n ongeluk wat gisteraand die lewe van drie mans geëis het. Volgens woordvoerder Moeti Mmusi was hulle om ongeveer 18:30 besig om ‘n band om te ruil van die minibus waarin hulle gery het tussen Karino en Kamagugu toe hulle van agter deur…
3 Oct 2022 5AM 1 min

'n Macadamia-boer is grusaam buite Mbombela vermoor

'n Boer is gisteraand grusaam op sy plaas by Sterkspruit buite Mbombela vermoor. Etienne du Toit het gaan waterpompe afsit en toe hy nie teruggekeer het huis toe nie, het sy seun in ‘n macadamia-boord op sy liggaam afgekom. Sy motorfiets, selfoon en kluissleutels sowel as ’n ysterstaaf is op…
30 Sep 2022 6AM 1 min

DA bekommerd oor landelike veiligheid na jongste plaasmoord

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen dat landelike veiligheidseenhede heringestel word en landelike gemeenskapspolisieëringseenhede op die been gebring word. Dit volg op nog ‘n plaasmoord in die provinsie die week. Jessie Henry Coleman (72) is Dinsdag vasgebind in ‘n plas bloed in sy huis op sy plaas naby…
29 Sep 2022 6AM 1 min

Liggaam in vlak graf in Kabokweni ontdek

Die polisie in Kabokweni ondersoek ‘n moord na die liggaam van die 27-jarige Lindelani Thabethe Dinsdagmiddag in ‘n vlak graf ontdek is. Hy is Sondag laas saam met ‘n vriend gesien tot die polisie inligting ontvang het van die graf in ‘n erf in Kabokweni. Volgens Kolonel Donald Mdhluli is…
29 Sep 2022 4AM 1 min

Ses word aangekla van bedrog met beskermende kleredrag in Mpumalanga

Drie amptenare van die provinsiale departement van openbare werke het gister saam met drie maatskappy-direkteure in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery. Volgens die Valke het die adjunk-hoofdirekteur van die departement, Sipho Monareng, saam met die twee ander amptenare en die verskaffers gewerk om eise te…
29 Sep 2022 2AM 1 min
940 – 960